in

Kry gehalte en diens by Elsumo

As ons ons naam agter ’n produk sit, dan beteken dit daardie produk voldoen aan ons streng vereistes en ons sal dit ondersteun met kennis en diens,” sê Björn Geiger van Elsumo in hulle splinternuwe pragaanleg net buite die Paarl.

Die Geigers is al 103 jaar lank in die watervoorsieningsbedryf. Siegfried Geiger het die onderneming in 1913 in Windhoek begin. Elke volgende geslag het nuwe idees en energie ingebring en in die 1990’s het hulle van Namibië af uitgebrei Suid-Afrika toe.

 Elsumo se produkte is tans beskikbaar in al die lande in Suidelike Afrika, soos Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zambië, Zimbabwe en meer.

Elsumo staan vir “Electric Submersible Motor” wat ’n kernproduk van die onderneming is. Elsumo is bekend vir al hulle toerusting wat met water-oordrag te doen het en hulle lewer ’n omvattende diens om oplossings vir enige watervloei-uitdaging te bied.

   Björn sê hulle identifiseer hulself met net die hoogste Duitse standaarde van vakmanskap en werksetiek. Gehalte en diens is die filosofie waarop Elsumo gebou is. Hulle slagspreuk is: “Your reliable water and effluent transfer brand.”

“Ons produkte word volgens Duitse standaarde getoets en met betrekking tot die verhouding tussen kwaliteit en prys is ons een van die beste in die mark.”

Wanneer ’n boer baie geld uitlê om ’n besproeiingstelsel aan te lê sodat hy kan geld maak en hy laat sak toerus-ting tot 150 of 200 meter in die grond af, moet hy die gemoedsrus hê dat daardie toerusting betroubaar is.

Björn Geiger is die derde geslag in die familiebedryf wat al meer as ’n eeu gelede in Namibië begin
Björn Geiger is die derde geslag in die familiebedryf wat al meer as ’n eeu gelede in Namibië begin

So lewer Elsumo diens

In Suid-Afrika het Elsumo ’n 2 000 m² depot en handelspunt by die aanleg in die Kaap en daar is ook ’n depot in Johannesburg wat een van die dae vergroot gaan word om voorsiening te maak vir al die voorraad. Vanuit Johannesburg word nie net die noordelike dele van die land bedien nie, maar ook die buurlande.

  Elsumo het die kundigheid en personeel om installasies te doen vir landbou, stadsrade en nywerhede, maar hulle glo daarin om plaaslike verspreiders, installeerders en herverko-pers te ondersteun. Hulle het ’n hele aantal gekeurde installeerders in die meeste streke, maar sal ook nuwe verspreiders, wat bereid is om hulle filosofie met betrekking tot dienslewe-ring te aanvaar, bystaan met produkte, kundigheid en ondersteuning.

Die filosofie gaan onder meer daaroor dat jy doen wat jy sê jy gaan doen: “As ons vir iemand sê ons is Vrydag daar om die installasie te doen, dan maak hy homself reg daarvoor, en dan moet ons daar wees. Ons verstaan dit.”

Elsumo help ’n kliënt om die regte oplossing te vind en sal nie net vir hom gee wat hy wil hê nie. “Ons het al byvoorbeeld vir mense gesê hulle hoef nie ’n pomp vir ’n bepaalde doel aan te koop nie, omdat hulle met ’n paar veranderinge genoeg gravitasievloei sal hê. Dit gaan nie net oor produkte verkoop nie, ons wil ’n oplossing kry vir die situasie en verhoudings bou vir die toekoms.”

 

Produkte en tegniese ondersteuning

’n Gevorderde toets- en herstelstasie is deel van die aanleg.
’n Gevorderde toets- en herstelstasie is deel van die aanleg.

Elsumo het vier hoofreekse produkte, wat te doen het met die hoofvertakkings van dienslewering, naamlik watervoorsiening (boorgatpompe), watervloeiverbetering (drukpompe), verwerking en dreinering van water (dreineringspompe) en die bestuur en afvoer van afvalwater (rioolpompe).

Elsumo vervaardig self beheertoerusting, installasietoerusting en het hulle eie reeks skroefrotorpompe (helical rotor pumps), genaamd die HRP-reeks. Die rotor word van vlekvrystaal vervaardig en die pompe word verder opgebou met kernkomponente wat van Duitsland af kom. Vir die landboumark, en veral die wynbedryf, is die pompe die oplossing wanneer enigiets met ’n dieselenjin aangedryf moet word.

By al Elsumo se verspreidingslokale is daar ook ’n volledige toets- en herstelstasie met ’n diep waterput. As jy wil uitvind of jou pomp se lewe gered kan word, is dit die plek om heen te gaan!

 

Vir meer inligting of om n kwotasie vir n projek te kry, skakel Elsumo by 021-875-5781 of stuur n e-pos na info@elsumo.co. Besoek gerus ook www.elsumo.co

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

TLU SA en AfriForum gaan nie die plaasmoordstryd gewonne gee nie.

Amerikaners gaan groot; Suid-Afrikaners gaan groter