in

Kry ekstra rytyd met Shell Diesel Extra

‘n Boer, veral in in ‘n moeilike landboujaar, moet elke sent drie keer omdraai voor hy besluit of dit regtig nodig is om hom uit te gee en die laaste plek waar hy hom wil ingooi, is in die bodemlose put van ‘n dieseltenk. Maar ry moet jy ry, want as dit planttyd is en die langverwagte druppels val, moet jy plant.

Shell verstaan dit en Shell Diesel Extra is spesifiek ontwikkel om boere te help om brandstofverbruik te bestuur. Daar is ‘n bewese 3% besparing wanneer Shell Diesel Extra in plaas van ander gewone basisdiesel gebruik word; en daar is gebruikers wat praat van besparings van tot 6% wat hulle al ondervind het.

So, wat maak Shell Diesel Extra anders?

  1. Voorkoming van neerslag

Die formulering van die brandstof help om die opbou van neerslag op die enjin se inspuiterkoppe te verhoed. Deur Shell Diesel Extra te gebruik, kan enjins die brandstof meer doeltreffend en meer volledig verbrand, wat daartoe lei dat die enjins so na as moontlik aan die vervaardiger se oorspronklike spesifikasies funksioneer.

Dit verleng enjins se leeftyd wat uiteraard ‘n groot besparing meebring en verminder ook die koste van onderhoud- en herstelwerk.

  1. Skoner ontbranding

As daar ‘n ding is wat boere warm onder die kraag maak, dan is dit vuil diesel. Dis ook geen wonder nie, want al die voordele van gevorderde enjintegnologie soos drukbuisinspuiting kan ongedaan gemaak word as die diesel wat gebruik word onsuiwerhede bevat. Vir die boer beteken vuil diesel swak ontbranding, min enjinkrag, hoër brandstofverbruik (vermorsing), ‘n korter enjinlewe en – belangrikste vanuit ‘n omgewingsoogpunt – ‘n oordaad besoedeling as gevolg van onverbrande en halfverbrande brandstof wat deur die uitlaatpyp in die atmosfeer beland.

Met Shell Diesel Extra het ‘n boer die versekering dat die produk altyd skoon is. Dit verseker dat al die inspuiters sterk, skoon, eweredige strale brandstof inspuit om doeltreffend met die lug te vermeng vir kragtige, volledige ontbranding en ‘n drastiese vermindering van uitlaatgas.

  1. Voorkoming van roes

Een van die groot vyande van enige brandstofstelsel en enjin is roes, wat enjindoeltreffendheid ernstig benadeel en onderhoudskoste opstoot. Shell Diesel Extra voorkom roes in die brandstofstelsel en verwyder reeds bestaande roes om deurlopende enjindoeltreffendheid te verseker en om die koste wat verstopte pypies en inspuiters meebring, uit te skakel om jou boerdery meer winsgewend te maak.

Ook in die tenk waar jou diesel geberg word kan roes ontstaan, wat in jou trekker se enjin kan beland. Boere sê met Shell Diesel Extra in die voorraadtenk hoef jy nie daaroor bekommerd te wees nie.

  1. Flinkvatvernuf

Jare gelede het boere ‘n sekere soort trekker die wondertrekker genoem – jy wonder elke môre of hy gaan aanskakel. Shell Diesel Extra bevat ‘n spesiaal ontwikkelde setaanverbeteraar wat verseker dat jou enjin makliker aanskakel. Setaan is die bestanddeel van diesel wat ontbranding bevorder en Shell Diesel Extra se verbeterde setaan laat jou enjin gouer en flinker aanskakel – selfs op ‘n ysige wintersmôre.

‘n Enjin wat onnodig lank gekarring moet word voordat hy begin loop, stel ‘n groot klomp onverbrande diesel as besoedeling in die lug vry en belas jou selfaansitter en battery onnodig, sodat hulle lewe verkort word en jou voertuigonderhoudskoste opgejaag word. Maar Shell Diesel Extra se flinkvatsetaan bespaar jou geld.

  1. Skuim hoort op bier

Elke boer weet watter frustrasie dit is as hy, terwyl die weersomstandighede presies reg is, wil plant of spuit of kuilvoer sny of hooi maak en dan eindeloos moet wag om sy trekkers, stropers of vragmotors se dieseltenks vol te maak omdat die brandstof knaend skuim.

Skuim kan kosbare tyd mors as net een trekkertenk volgemaak moet word, maar wanneer ‘n ry trekkers en voertuie by die pomp of dieselkar moet staan en wag vir die skuim om te sak, kan dit ‘n duur proses word.

Skuim hoort op bier – nie op diesel nie, glo Shell se mense, daarom bevat Shell Diesel Extra ‘n spesiale skuimonderdrukker wat jou in staat stel om al jou dieseltenks in ‘n japtrap vol te maak. Shell Diesel Extra verg sowat die helfte van die tyd om ‘n tenk vol te maak as gewone diesel, en skakel ook die ewige vermorsing wat met skuimende diesel gepaard gaan uit. Jy weet jou tenk is vol diesel, nie vol skuim nie!

Boere kan nou ook by Shell of een van sy Topverspreiders regdeur die land aanklop vir 50 ppm-diesel wat voldoen aan die spesifikasies van nuwe toerusting se gesofistikeerde enjins.

Vir meer inligting oor hoeveel verder jy met Shell kan ry, besoek www.shell.com. Of vind uit wie is jou naaste Topverspreider deur Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 te skakel of stuur ’n e-pos na r.vanderwesthuizen@shell.com.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Scania bied die boer nommerpas vervoer

Droogte én aanvalle bedreig landbou