in ,

Kosbliktyd

Deel 1

piesangmuffins

This post is also available in: Afrikaans

Vinnig. Maklik. Min bestanddele. Klink dit vir jou heeltemal te goed om waar te wees? Binne 45 min kan jy heerlike kosbliklekkernye hê waaroor selfs die mees vol fiemiese eter gelukkig sal wees!

PIESANGBROOD MUFFINS

Jy benodig:

– 8 eetlepels botter

– 1 koppie suiker

– 2 eiers

– 3 ryp piesangs

– 1/2 teelepel sout

– 1 teelepel koeksoda

– 1 en ‘n kwart koppie meel

Nou maak jy so:

– Room die botter en suiker saam.

– Meng die piesangs en eiers goed saam.

– Voeg bogenoemde bymekaar en roer goed.

– Meng al die droë bestanddele by die nat bestanddele.

– Verdeel in kolwyntjiepanne en bak teen 1800C vir 15 – 20 min.

* Jy kan opgekapte pekanneute byvoeg vir tekstuur

* Heerlik vir kosblikke en naskool versnaperings

* Jy kan ook een groot broodjie hiermee bak

Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos by dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek die webwerf by: http://www.deliciouscatering.co.za.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 2

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 50.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 50.000000%

grimme

Profitable potato production: Grimme makes a dream come true

tucson

HYUNDAI TUCSON se spiertier boet