in

Klein is die nuwe groot met nisboere

Rys in Potchefstroom, krododille in die Wes-Kaap, proteas op die Hoëveld, tropiese visse in ‘n motorhuis, en nog baie meer…

Nisboere is ‘n unieke TV-program oor doodgewone mense met ongewone boerderye wat dikwels met minimale spasie en fondse tot stand gebring is en waarmee hulle ‘n goeie bestaan skep.

Die reeks word geborg deur Laeveld Agrochem en is geïnspireer deur hulle toewyding tot voedselsekuriteit en werkskepping.

Nisboere word Maandagaande om 20:00 vertoon op VIA, DStv Kanaal 147, en elke Sondag om 17:30 herhaal.

Die Nisboere-aanbieders, welbekende akteurs Anrich Herbst en Chris de Clerq en bekroonde akademikus Simonia Magardie besoek ongewone tipes boerderye in elke uithoek van ons land en bied praktiese advies aan kykers wat daarin belangstel om self met kleinskaalse boerderye te begin.

Die span leer ook weekliks by Laeveld Agrochem se proefplaas hoe ‘n mens te werk gaan om self ‘n groentetuin suksesvol tuis te skep. Hulle vind ook meer uit omtrent Laeveld Agrochem se Saadpakkies wat slegs R100 elk kos en wat in ‘n paar maande genoeg groente vir ‘n gesin van ses kan produseer.

Tot op hede het die span die volgende tipes nisboerderye besoek:

Episode 1: Laventel, olywe en eksotiese sampioene

Episode 2: Alpakas, diskusvisse en miniatuurperde
Episode 3: Appelliefies, kwepers en essensiële olies
Episode 4: Phendula-konyne, buffels en kwaggas
Episode 5: Hase, slange en voëls
Episode 6: Krokodille, skaars wild en forel
Episode 7: Lewendehawe, Bapedi-skape en varke
Episode 8: Rys, macadamia-neute en perlemoen
Episode 9: Heuning, proteas en skoenlappers
Episode 10: Donkies, Nguni-beeste en bokke
Episode 11: Melk, wyn en rooibostee

Die daaropvolgende episodes lyk eweneens blink, oftewel groen, met volop gesondheid uit die grond uit:

Episode 12: Organiese groente, truffels en Wagyu-beeste

Episode 13:  Tuisboerdery, akwaponika en “slim” voedselverbouing

Episode 14:  Medisinale kruie, grondboontjies en bloubessies

Episode 15:  Eksotiese blomme en plante, asook vrugte

Bron: STRATEGY et al 

What do you think?

3 points
Upvote Downvote

Total votes: 5

Upvotes: 4

Upvotes percentage: 80.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 20.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Verwagte produksie vir koring is 4,5% minder as vorige skatting