in

Kanna se pers voeg meer waarde by wol

‘n Wakker oog en ’n flink verstand kan altyd nuttige tegnologie nog nuttiger maak. Wolboere is baie bly oor Willa Nolte van Kanna Industries se wakker oog en flink verstand, want hy het hulle behoefte aan ’n beter wolpers raakgesien en ’n nommerpas pers ontwerp.

Die oumense van die 1800’s wat met die eerste handwolperse moes sukkel, sal trane in die oë kry as hulle sien hoe maklik en lonend Kanna se wolpers die taak vandag maak. Waar dit voorheen ’n span fikse werkers geverg het om die wol in kaste te trap en moeisaam met ’n handgedrewe kabelhefboom saam te pers, werk net een mens maklik met Kanna se wolpers. Kyk self:

Die Kanna-wolpers het wiele sodat hy maklik gestoot kan word na waar hy ook al nodig is. ’n Hefboompie wat die operateur met sy pinkie kan beheer, laat ’n magdom hidrouliese krag op die wol los sodat dit ferm en kompak saamgepers word. Die penne wat die saamgepersde wol in posisie hou terwyl die baalsak toegemaak word, werk ook hidroulies en sonder die geringste sukkel.

Die hidroulika word aangedryf met ’n elektriese motor. Die boer kan kies of hy enkel- of driefasekrag wil hê.

Die Kanna-wolpers het sy eie akkurate elektroniese skaal sodat jy jou bale almal presies ewe swaar kan maak binne die ruimte van 110 tot 180 kg wat BKB verkies.

Hierdie goed-saamgepersde bale wat die Kanna-wolpers uitspoeg, het verskeie voordele vir die boer: Waar ’n boer voorheen 30 bale van 145 kg van ’n sekere grootte skeersel gemaak het, pers die Kanna-wolpers nou 180 kg wol in elke baal. Dit beteken dat die hele skeersel nou net 23 baalsakke verg sodat die boer 7 sakke bespaar. Boonop bespaar hy die hanteringskoste van R50 per baal op daardie 7 sakke en hy laai meer ton wol op ’n vragmotor of in ’n vraghouer.

Elke stap in die ontwerp en vervaardiging van die Kanna-wolpers is deeglik getoets op Rietfontein, die plaas van Willa se broer, Carlo, naby Loxton. Carlo was ook die eerste van ’n aantal wolboere wat summier ’n Kanna-wolpers aangeskaf het en hy is ingenome met al die arbeid, tyd en veral geld wat hy nou bespaar.

Bel Willa Nolte by 072-333-1051 of willa@kannaindustries.co.za. Besoek ook www.kannaindustries.co.za  om Kanna Industries se hele produkreeks te sien. Sien die Kanna-wolpers in aksie by https://www.youtube.com/watch?v=RPf7AmxGDG

 Die Kanna-wolpers het wiele sodat een mens hom maklik kan stoot tot waar hy ook al nodig is.

Die Kanna-wolpers het wiele sodat een mens hom maklik kan stoot tot waar hy ook al nodig is.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Laat trap jou beeste in hulle spoor 2:

Van Pletzen Beefmasters teel vir vleis van die veld af