in

Julie 2016 se trekker- en stroperverkope

Trekkerverkope van 451 eenhede in Julie is 32% laer as die 665 eenhede wat verlede Julie verkoop is.   Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope ongeveer 14% laer as verkope vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.   Stroperverkope van 14 eenhede in Julie is twee eenhede meer as die 12 eenhede wat verlede Julie verkoop is.   Vir die jaar tot dusver is stroperverkope ongeveer 10% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende tydperk.

Sentiment in die mark bly positief. Met die mielie-oes wat egter vertraag is in sekere gebiede, wag boere steeds om te sien wat hulle opbrengste gaan wees.   Die laat reën, veral in die oostelike gedeelte van die somerreënvalgebied, sou baie help met winterkoring en die komende somergewasse.   Dit is nietemin waarskynlik dat die mark vir die volgende maand of twee bedruk sal bly.   Daarna sal die mark hoofsaaklik aangedryf word deur weersomstandighede, soos dit ontwikkel in die somergewasgebiede.

Ramings in die bedryf dui steeds daarop dat trekkerverkope in 2016 laer sal wees as verkope verlede jaar, dalk teen tussen 15 en 20% laer.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ProAgri 198 – Augustus 2016

Dom Boer se lag vir die dag: