in ,

Jongboer van die Jaar kies FENDT vir presisieboerdery

Fendt is die perfekte vennoot vir suksesvolle boerdery as gevolg van gevorderde eienskappe soos Fendt Vario-aandrywing wat die wêreldleier is in deurlopende wisselaandrywing (CVT - continuously variable transmission).

This post is also available in: Afrikaans

Dawie Brits is onlangs as TLU SA se Jongboer van die Jaar 2021 gekroon. Hy boer saam met sy pa, Pieter, by Balfour met sojabone, mielies, beeste en hoenders.

Die pa-en-seun-kombinasie van Modderbult Boerdery het presisieboerdery van Fendt gekies op grond van gevorderde kenmerke soos die Fendt Contour Assistant-stelsel.

Benewens die verbouing van mielies en sojabone op die plaas van 2 500 ha, het Modderbult ook 1 000 stuks beeste en verskaf hoenders aan ՚n groot kitskos-maatskappy, met vier-en-twintig hoenderhuise wat elk sowat 60 000 voëls huisves.

“Ek het regtig ՚n voorliefde vir graanboerdery en die hoenders moet net daarmee saamleef,” sê Dawie. Die hoendermis sorg vir ՚n bestendige voor­raad bemesting. Dawie voeg by dat sy oupa ook daar geboer het, en sy eie twee seuns het reeds besluit om in sy voetspore te volg.

Pieter en Dawie het onlangs die trotse eienaars geword van ՚n Fendt Vario 724, wat hoofsaaklik vir grondvoorbereiding gebruik word. Die Fendt 700 Vario-reeks is ՚n veelsydige trekkerreeks wat wissel van 110 kW tot 181 kW en reeds baie jare die kern van die Duitse vervaardiger se produkaanbieding is.

Drie geslagte wat die grond bewerk en die volk voed: Pieter senior, Dawie en Pieter junior Brits, by die koning van trekkers: Fendt.

Die kombinasie van krag, veelsydig­heid, funksionaliteit en gemak maak dit ՚n betroubare vennoot vir ՚n veelsydige boerdery soos Modderbult. Wat meer is,

die Fendt Auto Steer-stelsel kan opgestel word om aan spesifieke vereistes te voldoen. Alle trekkerfunksies kan visueel op ՚n skerm voorgestel word, volgens die boer se voorkeure.

Die groot nuutjie van die Fendt 700 Vario-reeks is die FendtONE-platform — ՚n nuwe operateursomgewing waar elke moontlike funksie van die trekker vanaf die nuwe armleuning beheer kan word. Boonop die trekkerfunksies is die kajuitfunskies ook verstelbaar vanaf die armleuning. Die lugreëling, radio, voorasvering en ligte is alles ingesluit. Die nuwe standaard 12”-terminaal op die armleuning en 10″ digitale stierwiel-terminaal, laat jou toe om te kies watter funksies jy op watter terminaal wil vertoon. Vir addisionele vertoonspasie kan ՚n opsionele 12″-dakterminaal ook bestel word.

Die FendtONE-platform is uiters funksioneel. Met sy ergonomiese vorm en posisie op die armleuning, kan die joystick gemaklik gebruik word vir alle trekkerfunksies, insluitend Auto Steer, en die outomatiese wenakkerbestuur. Die joystick het toekenbare knoppies wat die bestuurder die geleentheid gee om enige van die bestaande trekker­funksies na die joystick toe oor te dra.

Wanneer ՚n spesifieke funksie aan ՚n knoppie toegeken is, verander die kleur van die LUD-liggie om by die kleur van die bepaalde funksie-groep te pas. Modderbult het ook ՚n Fendt 1050 Vario, wat gebruik word om ՚n 24-ry planter te sleep en in 2023 ontvang die boerdery ՚n nuwe Fendt Vario 1050 Gen 3 met ՚n FendtONE-kajuit.

Só pronk Fendt op Modderbult Boerdery se vragmotors.

Die hoofvoordeel van alle Fendt-trek­kers is dat dit altyd binne die maksi­mum wringkrag-strek loop vir die laagste brandstofverbruik, wat neerkom op hoë krag teen lae enjinomwen­telings. Die Fendt iD se lae-enjinspoed­konsep, wat in die 1000-reeks gebruik word, beteken hoë kragreserwes, voortdurende lae brandstofverbruik en ՚n verlengde enjinleeftyd.

Die maksimum enjinspoed is slegs 1 700 omwentelings per minuut, terwyl luierspoed ՚n rustige 650 opm is. Die Fendt 1000 Vario bereik sy topspoed van 40 km/u met ՚n enjin­spoed van net 950 opm, afhangend van die vrag. Die maksimum wringkrag van 2 420 Nm word reeds op 1 100 opm bereik op die vlagskipmodel Fendt 1050 Vario.

Om die kroon te span op die sukses van Pieter en Dawie se boerdery, gaan ՚n Fendt IDEAL 8T-rusperbandstroper met ՚n mielie- en sojaboonstroperkop na verwagting in Maart 2022 by die Fendt-vloot op die plaas aansluit. Die nuwe Fendt IDEAL-reeks beskik oor ՚n unieke heliksdorseenheid en -skeis­telsel vir uitstekende graangehalte en doeltreffende werksvermoë om ՚n per­fekte oes te verseker.

Pieter en Dawie Brits by ‘n paar van Modderbult Boerdery se beeste.

Pa en seun maak ten volle gebruik van al Fendt se innovasie en voordele. Boerdery is nie net hulle voorliefde nie, maar ook ՚n roeping, soos Dawie se onlangse toekenning toon. Hy vertel dat hy so opgewonde soos ՚n skoolseun was toe hy uitgevind het dat hy die Jongboer van die Jaar 2021 is.

Die titel bevestig ook dat hy die regte besluit geneem het toe hy drie jaar gelede by die familieboerdery aangesluit het, nadat hy homself as vlieënier bekwaam het. Sy pa het hom aangemoedig om ook ander geleenthede te ondersoek.

Dit is duidelik dat Fendt se innovering en die vasberadenheid van die Brits-familie om Modderbult hulle nalaten­skap te maak, ՚n perfekte voorbeeld is van ՚n suksesvolle vennootskap tussen vervaardiger en boerdery. Met die dat effektiewe aanwending van meganisasie spandeuring ՚n toenemend groter rol in boerderywinsgewindheid speel is dit duidelik dat Fendt nog menigte boere se gekose vennoot vir die toekoms gaan wees. Fendt is hier om boere te bemagtig met wêreldleidende doeltref­fendheid en innovasie.

Veelsydigheid is een van Fendt se vele gesogte eienskappe.

Vir meer inligting oor TLU SA en die Jongboer van die Jaar, besoek www.tlu.co.za.

Ter ondersteuning van die boeregemeenskap het Fendt ՚n landwye handelaarsnetwerk wat die hele Suid-Afrika dek met verkope en dienslewering. Vind jou naaste handelaar op www.fendt.com/za of kontak Frans Cronje by frans. cronje@agcocorp.com of +27-66- 581-7505 vir meer inligting.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Vegetable planting guide Part 9: Sunflowers

Melkboer boer klimaatslim en bespaar geld