in

John Deere sorg vir raak besluite en lae risikostatus

This post is also available in: Afrikaans

Die eerste plaas in die land wat John Deere se merkwaardige Farmsight™-stelsel in hulle trekkervloot installeer het, was Charles Rossouw se Rosle-boerdery buite Groblersdal waar hulle druiwe en sitrus verbou.
Charles glo wanneer sy werktuie self met sy agent op die dorp kan kommunikeer, maak dit sy bestuurders se hande los om op ander belangrike sake te konsentreer, soos om Rosle-boerdery in ’n laer risikokatogorie te kry.
“Vir ons uitvoerboere gaan ons risikostatus die grootste bestuursuitdaging wees waarom baklei moet word, want hoe laer joune is, hoe meer deure maak dit oorsee oop en ek kan nie sien hoe ek dit sonder ’n volledige John Deere-pakket kan regkry nie,” sê Charles, “want ’n John Deere-produk is ver meer as net ’n eenheidsprys per item. Jy koop meer as ’n eeu-en-’n-half se ervaring met ’n internasionale begrip van boerdery, tredhoudende tegnologie, ’n uitstekende tweedehandse verkoops- en inruilwaarde, ongeëwenaarde gehalte, ’n uitgebreide nasionale ondersteuningsnetwerk, ’n uitmuntende inter- aktiewe GPS-kommunikasiestelsel en dan natuurlik Farmsight, wat die eeu van kunsmatige intelligensie vir landbou inlui.
“As die reën die trekkerspore tussen die boorde weggespoel het, is daar geen manier hoe jy kan sien waar reeds gespuit is nie en ek kan nie bekostig om nie te weet nie. Die GPS-stelsel werk selfs saam met die pompdruk om presies te bepaal waar die trekker gespuit het. Ek kan die stelsels van trekker tot trekker installeer en dit is robuust en prakties. Ons uitpakpersentasie het dramaties verhoog nadat ons John Deere se intelligente GPS-stelsel installeer het.”
In Rosle-boerdery se werkswinkels staan daar nie ’n enkele John Deeretrekker nie, want daar mag nie ’n trekker staan nie. “Die swartvlekkrisis het veroorsaak dat ons nie ’n oomblik kan mors of verloor met ons spuitprogramme nie. Dit moet deeglik en betyds afgehandel word en betroubare werktuie om dit toe te dien, is ononderhandelbaar.”
Dit is hoekom Charles verlede jaar weer besluit het om sy hele vloot van 34 John Deere-trekkers op te grader deur 19 van die trekkers met splinternuwes te vervang. “Gelukkig is John Deere se herverkoopswaarde so goed dat ek met behulp van hulle uitstekende finansieringspakkette deur middle van John Deere Finance feitlik net die rente op die nuwe trekkers moet betaal,” sê Charles. Trekkers kos jou geld in staantyd, onderdele en arbeid of aan paaiemente. Myne kos my net die rente…
“Ons werktuigkundiges se hande is seepglad, want die ergste voorvalle wat ons oor die laaste paar jaar gehad het, was pap wiele wat omgeruil moes word,” sê Mike Prinsloo die werkswinkelbestuurder.
Rosle se boordbestuurders het nou die aangename taak om elke oggend die dag se spuitprogram vir die trekkerdrywers te gee en elke aand net weer die GPS-resultate op ’n geheuestokkie af te laai en dan begin die heerlike en interessante taak waar hulle agter hulle rekenaars kan sit om grafieke te trek en statistieke op te stel met John Deere se Apex-dataprogram. Wanneer Charles Maandagoggend op sy voorsitterstoel gaan sit, kan hy binne ’n oogwink sien wat Rosle-boerdery se produksieprojeksies is en met min moeite sy makrobestuursbesluite neem. “As jy kan monitor en meet, kan jy beheer en bestuur,” sê Charles.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Goeie nuus: Equalizer sprei sy vlerke

Jumil 3090 sorg vir kopskuif na geenbewerking