in

John-Deere-gaan-nog-groter

John Deere verkoop nie net trekkers nie, die maatskappy lewer oplossings. Op die indrukwekkende bekendstelling van John Deere se nuwe produkreeks in Midrand het die klem op oplossingspakkette vir enige grootte boerdery geval. 

‘n Hele nuwe reeks werktuie word deur John Deere onder die handelsnaam “Green” vrygestel. Die werktuie word nie almal deur John Deere self vervaardig nie, maar wel onder toesig van die maatskappy wat sorg dat net die hoogste werkgehalte gehandhaaf word en dat die produkte almal aan John Deere-spesifikasies voldoen. 

Die werktuie maak dit moontlik dat boere, van klein tot groot, hulle gewasproduksie van die begin tot die einde met John Deere kan deursien. 

Die nuwe produkreeks is dramaties bekend gestel in ‘n reuse koepeltent wat spesiaal vir die geleentheid by die Gallagher Estate konferensiessentrum naby Johannesburg opgerig is. 

Met die hulp van groot skerms, mooi nooiens wat musiek maak en John Deere se eie personeel wat die eienskappe en nuwe ontwikkelings toelig, is die produkte aan boere van regoor die land en verder noord in Afrika bekend gestel.

Daar is begin met die “dames” in die grassnyerreeks en die gesogte 4 X 4’s. 

 

Grond- of misverskuiwing is geen probleem met die argonomies ontwerpte veilige laaigraaf en die nuwe Green-kantelbak sleepwa nie. 

John Deere het die suikerbedryf stewig vasgevat met verskeie nuwe ontwikkelings om suikerriet makliker te hanteer. 

Vir die veeboer bied John Deere ook ‘n volledige reeks oplossings om diere deur die jaar gesond en gelukkig te hou. 

Dit was egter met die binnekoms van die groottes; die 9-reeks trekkers, die hoogloopspuite, die 16-ry planters en die S-reeks stropers dat die boere regtig begin breed glimlag en foto’s neem het. 

Hou dop!

Lees in die April-uitgawe van ProAgri meer oor al die nuwe toerusting en werktuie van John Deere.   

 

 

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

SA skeerder is die wêreldkampioen

Onvoorspelbare-reën-gee-graan-‘n-voorsprong