in ,

Jag is nie meer jag sonder slimtegnolgie

Die meeste liegstories hoor jy voor ’n verkiesing, tydens ’n oorlog en na ’n jagtog, het die wyse staatsman, Otto von Bismarck, gesê. As dié kanselier egter een van ECM Technologies se ATN X-Sight 2-teleskope op sy geweer gehad het, sou sy pittige aanhaling heeltemal anders gelyk het, want nou kan al die besonderhede van jou jagtog deur die teleskoop se oog op beeld vasgelê word.

American Technologies Network Corp is die vervaardigers van die X-Sight 2-jagteleskoop wat ECM Technologies invoer en hulle het die baanbrekerswerk om die jagteleskoopbedryf met slimtegnologie te versoen, deeglik onder die knie gekry. Funksies soos ’n 3D-versnellingsmeter, 3D-magnetiese kragmeter, 3D-giroskoop, nagsig, Wifi, elektroniese kompas, mikrofoon, geheuekaartle-ser en afstandmeter laat ’n jagter nou toe om dinge te doen wat hy nie in sy wildste drome gedink het moontlik sou wees nie.

Daar is twee X-Sight 2-modelle. Die kleinboet kan van 3 tot 14 maal vergroot en die ouboet van 5 tot 20 maal. In albei modelle is daar ’n gewone, vaste optiese lens vooraan wat die teiken drie of vyf maal ver-groot. Die res van die vergroting word digitaal gedoen soos in die jongste selfoonkamerategnologie.

Die skut kan die fokus in die oogstuk (wat as’t ware ’n klein hoëdefini-sieskermpie is) met die hand stel en die vergro-tings word dan met die selfoon of ’n draaiknop op die teleskoop gedoen.

’n Pasgemaakte toep vir die X-Sight 2 kan gratis op ’n selfoon of tablet afgelaai word om al die spogge-rige kommunikasie-opsies tussen die twee toestelle moontlik te maak. Nou kan die beelde in die teleskoop se lens as ’n video op ’n geheuekaart gebêre word of sommer in die bos met wifi na die slimtoestel gestuur word. Die handige interaksie tussen die slimtoestel en die teleskoop maak dit ook moontlik om byvoorbeeld opleiding te gee of om vir meer as een persoon toegang tot dit wat agter die teleskoop aangaan, te gee.

Die X-Sight 2-teleskoop kan na regte ook as ’n slimtoestel gereken word omdat dit gestel kan word om regdeur die jagtog die beelde vas te vang en dit na ’n gekose tyd weer uit te vee. Die beeld wat dan voor en na die terugskopskopaksie van die skoot vasgevang is, word outomaties permanent gebêre.

Geen boerseun sal terugdeins vir die skamele 1,16 kg wat die teleskoop weeg nie en die oogafstand agter die oogstuk is ’n veilige 65 mm.

Kontak ECM Technologies by 012-329-4116 of stuur vir hulle ’n e-pos na sales@ecmtech.co.za om uit te vind waar jou naaste handelaar is. Vir meer inligting besoek ook gerus hulle webwerf by www.ecmtech.co.za.

Francois Coetzee van ECM Technologies spog met die ATN X-Sight 2-jagteleskoop en sy pasgemaakte toep op sy selfoon in hulle vertoonlokaal in Pretoria.
Francois Coetzee van ECM Technologies spog met die ATN X-Sight 2-jagteleskoop en sy pasgemaakte toep op sy selfoon in hulle vertoonlokaal in Pretoria.
Die beeld in die teleskoop se oogstuk lyk soos iets uit ’n spioenasiefilm, maar teen ’n fraksie van die prys en boonop kan alles wat die teleskoop sien opgeneem word.
Die beeld in die teleskoop se oogstuk lyk soos iets uit ’n spioenasiefilm, maar teen ’n fraksie van die prys en boonop kan alles wat die teleskoop sien opgeneem word.

Die digitale en kommunikasietegnologie wat in die ATN X-Sight 2 vervolmaak is, is ook nou na ’n verkyker oorgedra. Die BinoX-HD kan enige beeld vier tot sestien maal vergroot om dit dan op te neem of in ware tyd na ’n boer of plaaswag se rekenaar, selfoon of tablet te stuur.
Die digitale en kommunikasietegnologie wat in die ATN X-Sight 2 vervolmaak is, is ook nou na ’n verkyker oorgedra. Die BinoX-HD kan enige beeld vier tot sestien maal vergroot om dit dan op te neem of in ware tyd na ’n boer of plaaswag se rekenaar, selfoon of tablet te stuur.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Pumpkin crumble

Ons praat oor kruisteling