in

Inttrac maak bosbouboere bly: Woerts bome uit die bos met die Oehler-boomlaaiwa

Oehler-boomwa
Dirk de Koster van Inttrac wys vir boere by NAMPO hoe maklik en doeltreffend die Oehler-boomlaaiwa werk.

This post is also available in: Afrikaans

Toptegnologiewerktuie wat die boer nooit in die steek sal laat nie – dit is wat Inttrac Trading verskaf en rugsteun. In vorige uitgawes was daar artikels oor Inttrac se Strautmann-misstrooier en Strautmann se Verti-mix voermenger. Hulle splinternuwe produk is die Oehler-boomlaaiwa wat in Duitsland vervaardig word.

“Die boomwa word gebruik om gesaagde bome in die plantasie op te laai en langs hoofpaaie of by treinstasies af te laai. Van daar af word dit met vragmotors na kliënte soos papierfabrieke, myne en saagmeulens geneem of per trein na die hawe vervoer vir uitvoer,” sê Dirk de Koster van Inttrac Trading.

Daar is twee Oehler-boomlaaiwaens, die Oehler EHK 80 en Oehler THK 160. Die maksimum kapastiteit wat die Oehler EHK 80 kan dra is 6,6 ton met ’n 70 kW trekker daarvoor en die Oehler THK 160 se maksimum kapasiteit is 13,6 ton met ’n 85 kW trekker. Die Oehler THK 160 is vir groter en swaarder bome.

Die boomwa haak maklik aan ’n trekker en het ’n kraan wat die stompe op- en aflaai. Dit word deur een persoon beheer terwyl hy op die platform voor aan die wa staan, of jy beheer dit regstreeks van die trekker af. “Jy het nie baie arbeid vir die wa nodig nie,” sê Dirk. Die boomwa is toegerus met sy eie pomp en hidrouliese stelsel.

As jy ’n Oehler-boomlaaiwa, trekkeronderdele of gehalte toerusting vir jou plaas benodig, kontak Inttrac Trading by 016-365-5799 of 082-566-1455, stuur ’n e-pos aan
inttrac@cyberserv.co.za of besoek www.inttrac.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

CLAAS

Sny nou nóg skoner en vinniger met CLAAS DISCO 2750, 3150 en 3550 MAX CUT

Senter360

Senter360 maak suikerboerdery soet