in

Hygrotech help met gesonde kos

Die groentesaadmaatskappy, Hygrotech het op sy reeks boeredae wat op sy proefplaas by Dewagensdrift noord van Pretoria aangebied is, die klem laat val op volhoubare boerderypraktyke.

Die nasionale bestuurder, Navorsing en Ontwikkeling, mnr Nevill Boersma sê boere is stadigaan besig om weg te doen met die konvensionele NPK-bemestingspraktyk, omdat dit nie volhoubaar is nie. Hygrotech streef daarna om die beste groentekultivars, wat weerstand teen siektes bied, aan boere beskikbaar te stel sodat minder insekdoders en chemikalieë nodig is. Die maatskappy het ook ‘n volledige reeks biologiese middels vir bemesting, blaarvoeding en insekbestryding.

Onder die kultivars wat op die boeredag bekend gestel en aan boere gewys is, is:
 

Winston, ‘n grys tipe pampoen wat gemiddelde weerstand teen Zucchini geelmosaïekvirus, Waatlemoen mosaïekvirus en Papaja kringkolvirus bied. Die pampoen kan tot 8,5 kg weeg en sy vlees is donker oranje.

Canesi is een van Hygrotech se staatmakers. Die groeikragtige plante produseer vrugte wat in slegs 80 tot 90 dae volwassenheid bereik.

Onder die wye reeks tamaties is Degas een van die nuwelinge. Die groeikragtige plante het ‘n goeie blaarbedekking en dra trosse van tot vyf vrugte.

Die groot ronde Alfar het ‘n uitstekende rakleeftyd, presteer goed in warm toestande en spog met ‘n volledige siekteweerstandpakket.

Ander kultivars waarop boere se aandag gevestig is, is die groenboontjie, Volta, wat oor ‘n lang tydperk dra, die suikermielie, Rustico, met sy hoë siekteweerstand, lekker soet smaak en lang rakleeftyd, Waddie, die waatlemoen wat tot 12 kg kan weeg en in minder as 100 dae ryp word en die staatmaker soetrissie, Claire, met sy hoë siekteweerstand en uitstekende groei.

Vir meer inligting oor hierdie en ander produkte kontak alida.ferreira@hygrotech.co.za.

Foto’s van die Hygrotech Boeredag:


 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wolpryse begin weer styg

Landbou teleurgesteld met begroting