in

Hulp uit boeregemeenskap ná wegholbrande – AFGRI sȇ dankie

voer

‘n Maand is reeds verby ná wegholveldbrande in die Suid- en Oos-Kaapse gebiede ongekende verwoesting gesaai het en talle dakloos gelaat het. Buiten die huise en ondernemings wat deur die ramp getref is, het die vlamme ook na plase in die Thornhill-distrik versprei en baie weiding en vee is tragies verwoes, met groot verliese binne die boeregemeenskap.

Verskeie boere in die Vrystaat en Natalse Middelande, sover as Bothaville, Koppies, Daniëlsrus en Tweeling, het dadelik hulp verleen deur voer aan plase in nood te skenk. AFGRI en die boere het hulle kragte saamgespan om ‘n gestruktureerde, deursigtige platform en proses vir die verspreiding van grootskaalse hooiskenkings na Thornhill in te stel. Die totale volume van die voerdonasie (hooibale en mieliereste) het meer as ‘n 1 000 ronde bale beslaan. AFGRI se graanproduserende kliënte het verder ook mielies vir verhandeling geskenk, en die opbrengs daarvan is gebruik om die projek te betaal.

Die Suid-Afrikaanse boeregemeenskap is wyd bekend vir hulle vrygewigheid, opregtheid en vindingryke ondersteuning aan hulle medeboere. Tydens die ernstige droogtes van 2015/16 in die Vrystaat, waarná die provinsie as rampgebied verklaar is, het boere uit die Kaap ruimhartige bystand verleen aan binnelandse plase. Nou, terwyl boere in die Oos-Kaap die omvang en skade van die tragedie probeer bepaal, word die guns terugverleen deur skenkings van dierevoer aan verwonde plase.

AFGRI is trots daarop om met die boeregemeenskap vereenselwig te word, en wil graag die boere wat hierdie reuse skenking moontlik gemaak het, hartlik bedank.

Die kostes verbonde aan die vervoer van die hooibale was die grootste struikelblok wat oorkom moes word. AFGRI het self onderneem om te sorg dat alle vervoerkostes gedek word en het ook verskeie vennote en verskaffers in die landbousektor genader vir verdere finansiële bydraes. Die reaksie was oorweldigend.

Anina Hunter, besturende direkteur van AFGRI Veevoere, wil graag spesiale melding maak van die volgende instansies vir hulle finansiële bydrae tot vervoerkostes: AFGRI Graanbestuur, AFGRI se graanproduserende kliënte, AFGRI Veevoere, UNIGRO, VD Commodities, Seaboard, Lynn Phillips Consult, Central Edible Oil, TICSA Feeds, VS Soya CC, Farmwise Grains, KWS Carriers en SCP Polycloth Manufacturers.

Voerdonasies vloei steeds in vanuit verskeie oorde, en AFGRI sal graag die proses om al die skenkings by geraakte plase in die Oos-Kaap af te lewer, wil verwesenlik. Tot op hede is slegs 85% van die totale kostes gedek. Sou u graag betrokke wil raak deur ‘n geldelike bydrae te maak, kan u gerus ‘n e-pos stuur aan Phillippus Oosthuizen, ons logistiese bestuurder by AFGRI Veevoere: phillippus.oosthuizen@afgri.co.za.

As ‘n vennoot van die landbougemeenskap, is AFGRI trots daarop om by inisiatiewe van hierdie kaliber betrokke te wees.

Bron: AFGRI

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Landboukalender – Desember

pumpkin

Goliat van Gat pampoenfees is alweer om die draai en nog groter in 2018