in

Hoe boere digitale landbou gebruik om meer gewasse te groei

Die wêreld se bevolking groei met rasse skrede, met ‘n verwagte 1,2-miljard meer monde wat teen 2030 gevoed moet word. Ondertussen neem die beskikbare landbougrond af en boere moet verskeie uitdagings in die gesig staar. Inligting is ‘n belangrike wapen in die stryd. Climate Corporation bied ‘n digitale landbou-opsie aan boere wat vir die boer vertel wat elke oomblik van die dag op sy plaas aangaan.

“Ons gebruik datawetenskap om te kyk wat daar aangaan,” sê Climate Corporation se besturende direkteur, Mike Stern. “Inligting op plase word nou op dieselfde maniere ingesamel as wat ons inligting op ons selfone en tablette kry.”

Die maatskappy se FieldView-produk sluit kennisgewings in vir data soos die afgelope 24 uur se vogtigheid in die lug. ‘n Weerfunksie gee raad oor weerstoestand en ‘n stikstof-monitor beveel aan wanneer voedingstowwe by die grond bygevoeg moet word.

Daar is ook ‘n hommeltuig wat gebruik kan word om die produksiestatus met rooi en groen kolle op ‘n kaart aan te dui. Rooi vir waarskuwing en groen vir goed. Dit help boere om te identifiseer waar hulle oes stadiger groei en by watter lande hulle eerste moet uitkom om probleme op te los.

Bron: Bizcommunity

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Grootmanne wys toptegnologie by Val-boeredag

John Deere 15FX is gemaak vir SA: Plant wyd, vinnig en akkuraat