in

Hoë mielieprys knel pluimveeboere

Alhoewel die hoë mielieprys verligting vir graanboere bring wat ondanks die droogte wel kon plant en kan oes, het dit ‘n verlammende uitwerking op die res van die waardeketting.

Country Bird se aandeelprys het op Dinsdag,14 Januarie met 3,23 % tot R3 geval omdat die mark bekommerd is oor die uitwerking wat die rekordhoë Suid-Afrikaanse mieliepryse op pluimveeboere se reeds stygende insetkoste het.

"Voer maak ongeveer 65 % van die lewende koste en ongeveer 50 % van die bevrore gedeeltes se koste uit. Die primêre bestanddele in pluimveevoer, is mielies en soja. Hierdie pryse is in dollars vasgestel en die bepaling vind plaas deur die Suid-Afrikaanse Termynbeurs,” sê Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeprodusente .

Steekproefpryse van wit- en geelmielies vir Maart se afleweringskontrakte het onderskeidelik met 22% en 25 % gestyg as gevolg van die gebrekkige reënval regoor die land se aanplantingsgebiede.

Hierdie omstandighede verf nie ‘n rooskleurige prentjie vir pluimveeboere, wat verlede jaar ook ‘n moeilike tyd beleef het nie.

RCL Foods,wat Rainbow Chickens besit en wat die grootste pluimveeprodusent in terme van markkapitalisasie is, het op Dinsdag 0,63 % stewiger geëindig op R15,99 terwyl Astral Foods 1,08 % laer op R95,26 gesluit het. Beide dié aandelepryse het meer as 8 % sedert die begin van die jaar verlaag.

Bron: BizCommunity.com

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Land stuur af op waterkrisis

Wynboere-sukkel-om-voor-te-bly