in

Helpende Hand skep ’n studiefonds vir plaasmoorde

solidariteit helpende hand

Vir baie Suid-Afrikaners lê boere na aan die hart en so ook vir Solidariteit Helpende Hand. Ons het daarom besluit om ʼn studiefonds te stig wat op boeregemeenskappe fokus. Dié fonds sal spesifiek aangewend word om vir die kinders wie se ouers slagoffers van plaasmoorde was, te sorg sodat hulle hul studies kan voltooi.

Sedert 1 Januarie 2017 was daar al reeds 71 sterftes en 341 plaasaanvalle op Suid-Afrikaanse plase gewees. Die boere wat slagoffers is van hierdie geweld laat geliefdes agter wat na hulleself moet omsien. Helpende Hand se doel is om behoeftiges en weerloses in die samelewing te help en te bemagtig. Daarom bied die organisasie studiehulp aan vir die geliefdes van plaasmoord-slagoffers.

Volgens dr. Danie Brink, besturende hoof by Helpende Hand is dit nog ʼn manier waarop mense ons land se boere kan ondersteun. “Ons wil ons medelye aan die gesinne wat deur geweld op plase geraak is betoon en ons wil graag seker maak dat die families wat agterbly, spesifiek die jongmense, akademies versorg is en die nodige terapie ontvang.”

“As mens kyk na die verskriklike statistieke aangaande plaasaanvalle en moorde is die vraag op baie mense se lippe: “Wat kan ek doen?” Ons by Helpende Hand het ook daardie vraag gevra en daarom het ons die Plaasmoorde-studiefonds gestig om te verseker dat geen kind ʼn opleiding geweier word as gevolg van ʼn plaasmoord nie,” het Brink gesê.

“Ons rig ʼn pleidooi aan die publiek om die fonds te ondersteun en daarmee vir ons boere te wys dat hulle belangrik is. Ondersteun die geliefdes van hierdie slagoffers wat dit nie sal kan bekostig om verder te studeer nie, omrede hulle broodwinners as gevolg van hierdie tragiese gebeure nie meer kan voorsien nie.”

Die publiek kan direk tot die fonds bydra deur geld in Helpende Hand se rekening in te betaal, of deur die woord “Help” te SMS na 38969 (SMS kos R10). ʼn Verteenwoordiger van Helpende Hand sal jou dan skakel om verdere reëlings te tref.

Die bankbesonderhede is:

Rekeningnaam: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND

Bank: FNB

Rekeningnommer: 62331447541

Tak: CENTURION

Takkode: 261-550

Verwysing: Plaasmoorde

Bron: Solidatiteit Helpende Hand

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

sweet sour hoender

MAKLIKE SOET-SUUR HOENDER met ‘n Twist

prof Eugene Cloete

Maak meer geld met beter koringopbrengs