in

Haastige appels en pere

Die appel- en peerseisoen is aan die gang maar is tussen 7 en 14 dae vroeg. Jacques du Preez van Hortgro sê dat sake egter tot dusver goed gaan: "Daar is ‘n bietjie van ‘n uitdaging vir die vruggrootte in die vroeë deel van die seisoen, maar daar was geen rampspoedige weerstoestande sover nie. ‘n Bietjie hael het in die Langkloof geval waar sommige boere baie skade gely het, maar dit was niks in vergelyking met die haelskade van die vorige jaar nie. Tans is dit warm, maar die weer hou niks nadeligs in nie.

"As gevolg van die vroeë aard van die seisoen sal vrugte neig om effens kleiner te wees, maar dit sal hopelik slegs van toepassing op die eerste deel van die seisoen wees," verduidelik hy.

Mnr Du Preez het gesê hoewel dit nog vroeg in die seisoen is, sit Europa met ’n rekord appelvoorraad en peergetalle is ook hoog. As mens die Russiese verbod ook in ag neem, gaan hierdie bemarkingseisoen nogal ’n uitdaging wees.

Afrika het gedurende 2014 die grootste uitvoermark vir Suid-Afrika geword, met 32% van die verskepings wat op die kontinent bly en mnr du Preez het gesê die mark sal net groter word.

Dit sal die eerste seisoen wees dat Suid-Afrikaanse appels na Sjina gestuur sal word en die eerste besending appels sal die land oor die volgende maand of twee verlaat. Mnr Du Preez waarsku dat bemarkers se gedagtes en strategieë hierdie jaar vlymskerp sal moet wees met die plasing van vrugte.

www.Freshplaza.com

 

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Bloutong A en B entstof eers einde Januarie beskikbaar

Keer inwendige parasiete in hulle spoor