in ,

Grootmanne wys toptegnologie by Val-boeredag

This post is also available in: Afrikaans

3 000 boere het vanjaar se Val Boeredag op die Oostelike Hoëveld bygewoon. “Ons is baie beïndruk met die groei in besoekergetalle,” sê Hardus Smith, voorsitter van Val Boeredag. “Dit beteken ’n honderd persent groei oor die afgelope drie jaar.” Vir die boere wat nie Val Boeredag kon bywoon nie, wys ons graag wat ’n paar van die werktuie
in regte boerderytoestande – en boonop voor die wakker oë van talle regte boere – kan doen.

Sien is glo, sê die spreekwoord, maar die boer wat moet besluit watter werktuig hy wil aankoop, vra nog meer. ’n Blinkskoon werktuig op ’n vertoon-vloer beteken niks vir die boer nie – hy wil nie net sien hoe die ding lyk nie; hy wil sien hoe hy WERK.

Val-boerevereniging op die Oostelike Hoëveld verstaan die boer se behoefte om masjiene in aksie te beleef voordat hulle besluit waar om hulle geld te belê.

Val Boeredag het 21 gelede die eerste lig gesien en dit is vandag die grootste demonstrasie van landboutoerusting in Suid-Afrika, waar so 30 van die voorste vervaardigers en verspreiders van werktuie en trekkers in Suid-Afrika wys wat hulle masjiene op ’n regte land kan doen.

Elke trekker en werktuig wag gretig in ’n ry van ’n paar honderd meter lank op sy beurt om die boere gehalte in plant, spuit, oes, bewerking of misstrooi te wys. Boere kry genoeg kans om al hulle vrae te vra en meer demonstrasies aan te vra. ’n Klompie materiaalhanteringsmasjiene het ook vanjaar hulle raakvat gewys.

Voor elke demonstrasie vertel die betrokke masjien se verteenwoordiger kortweg wat sy spesifikasies en hoofkenmerke is.

Valtra:

Die Finse trekkervervaardiger, Valtra, is die heel voorste trekkerverwekker in Skandinawië en bou nou reeds langer as 60 jaar skitterende trekkers. Die Valtra T-reeks (voor) en die N-reeks (die twee agter) kan in die fabriek met ’n wye reeks opsies toegerus word om presies aan die kliënt se vereistes te voldoen.

JCB:

Die JCB 531-70 teleskopiese materiaalhanteerder kan tot 7 meter uitstrek om daardie laaste baal, krat of vrag mis met ’n gewig van meer as drie ton heel bo op jou stapel of hoop te plaas.

Kverneland CLC Pro en Massey Ferguson:

Die Kverneland CLC Pro van Jupidex bewerk die grond tot op ’n diepte van 40 cm. Die Massey Ferguson wat voor vat lewer 238,6 kW met 1 400,7 Nm wringkrag.

Kubota:

Zack Molopyane en Ewald Strydom van Tractor Warehouse wys hoe ver die spuitvlerke voor die Kubota L3 200 kan terugvou as dit dalk daardie verdwaalde tak in die boord tref.

CLAAS:

Hierdie reus van Claas se FPT- (Fiat Power Train) -ses-silinderenjin van 8,7 liter lewer 257 kW. Die Axion 930 se haastige topspoed van 50 kmu stel die boer in staat om vinnig tussen afgeleë plase te beweeg of sleepwaens vol vragte vinnig te voervoer.

New Holland:

Tiny Smith van ProAgri staan hier voor die eerste New Holland Guardian selfaangedrewe balkspuit met ’n voorgemonteerde balk in Suidelike Afrika. Die spuit is reguit van Durban se hawe af Val toe vervoer om sy eerste demonstrasie te kom lewer. Die voordele van ’n voorgemonteerde spuitbalk is vanselfsprekend en met sproeiers wat aan die agterkant van die balk gemonteer is, kan geen spuitfoute gemaak word nie.

Rovic Leers:

Rovic Leers se RL10 000-strooier strooi tot 18 meter wyd afhangende van die eienskappe van die materiaal en dra 10 000 liter kalk of droë mis. ’n Kettingband-voerder voer die materiaal na die twee skyfstrooiers.

Orthman:

Elkeen van die 1tRipr-strookbewerker se agt rye het sy eie kunsmistoediener, wat die boer toelaat om twee take tegelyk te verrig. Hierdie presisiewerktuig skep die volmaakte saadbeddingrye tussen stoppels voordat dit die kunsmis presies op die plek plaas waar die plantjies dit nodig het om gesond te groei.

John Deere:

Die John Deere S670-stroper laai sy graantenk se 14 100 liter graan teen ’n spoed van 135 liter per sekonde oor. Die S-reeks spog nou met die ProDrive-opsie, wat die kragoordragstelsel outomaties tussen twee spoedreekse oorskakel sodra grondtoestande verander. Challenger: Met sy kragtige 440 kW is die Challenger MT875E die grootboet in die MT800E-reeks. Sy Mobi-track-onderstel verseker die grootste kragoordrag na die grond met die minste glip of verdigting.
Die John Deere S670-stroper laai sy graantenk se 14 100 liter graan teen ’n spoed van 135 liter per sekonde oor. Die S-reeks spog nou met die ProDrive-opsie, wat die kragoordragstelsel outomaties tussen twee spoedreekse oorskakel sodra grondtoestande verander.

Challenger:

Met sy kragtige 440 kW is die Challenger MT875E die grootboet in die MT800E-reeks. Sy Mobi-track-onderstel verseker die grootste kragoordrag na die grond met die minste glip of verdigting.

Gehl:

Die Gehl R260-glystuurlaaigraaf van Manitou met sy spaanderkapperaanhegsel verander groot stompe in klein spaanders in gebiede wat vir weiding ontbos word. Die fyn houtspaanders word kompos om jou gras te voed.

Rula:

Rula is ’n nuweling op die toneel en beloof om ’n groot impak te maak op patente vir nuwe werktuie in Suidelike Afrika. Hierdie vervaardiger van Johannesburg het sy Agri-afdeling verlede jaar in die lewe geroep. Hulle vlagskip-werktuig is die SeedmaX-presisieplanter en met die Xfert-kombinasie bo-op plaas dit vloeibare of korrelkunsmis, sowel as vloeibare of korrelonkruiddoder. Die uitmeeteenheid en die balk van 12,3 meter is gepatenteer. “Ons planter presisieplaas 400 kg kunsmis per hektaar teen 12 kmu”, sê Tiaan van Loggerenberg. Jaco Niemand, Tiaan van Loggerenberg, Jimmy Ebersohn en Joseph Logotle is baie trots op hierdie gevorderde werktuig.

Die 105 statiese uitstallers het die besoekers ook beïndruk. Val bied die perfekte geleentheid vir nuwelinge om die mark te betree om onder talle boere se aandag te kom.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Jongooiklubs hou interskoukompetisie in die Karoo

Hoe boere digitale landbou gebruik om meer gewasse te groei