in

Groot-geld-vir-navorsing-oor-rooibostee

Die Suid-Afrikaanse Rooibos-raad het bekend gemaak dat hulle R2-miljoen bewillig het om die voordele van rooibostee te vind. Navorsers sal onder meer die helende, siektevoorkomende en gewigsverlies-eienskappe van rooibostee navors.

Volgens ‘n berig in The Star is daar reeds baie goeie vordering gemaak om wetenskaplike bewyse te vind dat rooibostee kalmerende eieskappe het.

‘n Navorsingspan aan die Universiteit van Stellenbosch se Biochemie Department, gelei deur professor Amanda Swart het onder meer gevind dat rooibostee ‘n belangrike rol kan speel om spanning en angs te verlig.

Rooibostee verminder die produksie van kortisol, ‘n hormoon wat deur die bynier afgeskei word. Hierdeur word die liggaam se reaksie op stresfaktore verminder. Hulle het verder bevind dat rooibostee twee rare komponente, Aspalathin en Nothofgin, bevat wat simptome van spanning verlig. Prof Swart en haar span se bevindings is in 2011 in ‘n mediese joernaal gepubliseer. 

Nou wil wetenskaplikes verder gaan om te bewys dat rooibostee se voordele veel verder strek. Die Suid-Afrikaanse Rooibos-raad het die geld bewillig om onder meer navorsing te doen oor rooibostee se invloed op veroudering, gewigsverlies, kankervoorkoming en die rol van rooibostee tydens sportverwante beserings.

 

Bron: The Star

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Nat-weer-lei-tot-skade

Minder-geld-sou-meer-grond-beteken