in

Groot brandstofprysstygings in Desember verwag

brandstof

Deur Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-Ekonoom

Die pryse van brandstof kan na verwagting in Desember skerp styg weens die verdere styging in die ru-olieprys en die verswakking in die wisselkoers.

Volgens die jongste inligting van die Departement van Energie wat vanoggend bekend gemaak is, kan die prys van petrol 93 (ULP & LRP) in Gauteng op Woensdag, 6 Desember 2017 moontlik met 74,7c per liter en die prys van diesel met ‘n 0,005% swaelinhoud moontlik met 61,4c per liter styg.

Volgens internasionale bronne het die gemiddelde daaglikse Brent ru-olieprys sover hierdie maand tot sy hoogste vlak sedert Junie 2015 van $64,27 per vat gestyg.

Die lede en nie-lede van die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande het gevolglik baie goed daarin geslaag met sy nege maande ooreenkoms wat in Julie vanjaar bereik was om die internasionale vraag en aanbod in ‘n beter balans te bring deur die vermindering van sy olieproduksie en die vooruitsigte van ‘n mikpuntprys van $60 per vat.

Weens die styging in die ru-olieprys kan die internasionale prys van petrol moontlik met 47,0c per liter styg en die  prys van diesel moontlike met 33,2c per liter.

Die daaglikse gemiddelde R/$-wisselkoers het die afgelope twee weke van R/$13,91 tot sy swakste vlak sedert November verlede jaar van R/$14,54 verswak weens die politieke onsekerheid en verdere ekonomiese agteruitgang wat heel waarskynlik later die maand tot nog afgraderings in die kredietstatus van die land kan aanleiding gee.

Hierdie verswakking in die wisselkoers sal na verwagting stygings van 27,7c per liter in die petrolprys en 28,2c per liter in die dieselprys tot gevolg hê.

Die finale prysveranderings sal deur die minister van Energie bekend gemaak word.

Bron: Departement van Energie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

malva-poeding

Maklike, staatmaker malva-poeding

Regering moet vinnig grensbeheer toepas