in

Groen-kan-nou-al-die-werk-doen

Groen kan nou al die werk doen
 – deur Arthur Bezuidenhout, John Deere, bestuurder, Portefeulje-uitbreidings, Sub-Sahara    Afrika

Vir boere wat graag al hulle plaaswerk met die betroubaarheid van John Deere wil doen, was daar hierdie jaar goeie nuus by die bekendstelling van die groen reus se nuwe produkreeks. ’n Uitgebreide reeks werktuie onder die handelsnaam,
GreenSystem™, is teen mededingende pryse aan die handelaarsnetwerk in Sub-Sahara Afrika beskikbaar gestel. Die produkte is goed ontvang en handelaars het dit waardeer dat hulle nou aan boere ’n “totale groen” oplossing vir al hulle plaaswerk kan bied.

Een van die maak-of-breek suksesfaktore vir groei in Sub-Sahara Afrika is dat John Deere ’n “plaaslike” begrip ontwikkel vir kliënte se behoeftes en begeertes in hulle verskillende markte en plaastoepassings. Met volledige begrip van die spesifieke plaaslike behoeftes en begeertes, was dit vir John Deere moontlik om ’n reeks wenprodukte, dienste en vermoëns wat uitstyg bo die res, vry te stel.

Klein, maar honderd persent funksioneel en professioneel is die John Deere GreenSystem™-driepuntspuite. Die MS1004 se swaardiens, UV-bestande poliëtileentenk hou 400 liter en die MS1006 s’n 630 liter. Die spuite kan bestel word met stewige, duursame vlekvrystaalbalke van 8, 10 of 12 meter met ’n volledige reeks drupvrye sproeiers en ’n wegbreekaksie wat die balk beskerm.

John Deere is die grootste vervaardiger van landboutoerusting wêreldwyd, maar daar is nog enkele werktuie wat nie deur die maatskappy self vervaardig word nie. John Deere het besef dat hulle aan al die boer se behoeftes kan voldoen deur ’n volledige reeks trekkers, werktuie en toebehore beskikbaar te stel. Dit is wat die GreenSystem™ moontlik maak.

Die GreenSystem™-werktuie en toebehore word deur uitgesoekte derdepartyverskaffers ontwerp en vervaardig om John Deere se bestaande toerusting aan te vul met verskillende toepassings in die landbou en nywerheid. John Deere se produkingenieurs gaan die produkte noukeurig na en toets dit deeglik om seker te maak dit voldoen aan die plaaslike markvereistes en die maatskappy se standaarde vir werkverrigting en betroubaarheid asook aanpasbaarheid by John Deere-toerusting.

Die nuwe GreenSystem™-DP1003-skottelploeg is gemaak vir die taaiste werk, die maklikste gebruik en die laagste onderhoudkoste. Sy swaardiensraam en driepuntmonteertoring verseker stewigheid. Die drie groot skottels van 660 mm is 6 mm dik en verseker ’n dieper en wyer snit vir beter stoppelbedekking in moeilike grondtoestande, met ’n trekker van 41 tot 56 kW. Die werkdiepte wissel van 152 tot 304 mm, afhangend van grondvogtigheid en -tekstuur. Dis maklik om die ploeg in te stel vir die perfekte werking op enige diepte.

GreenSystem™ is ’n geregistreerde handelsmerk van John Deere en die produkte
word uitsluitlik deur John Deere-handelaars in Sub-Sahara Afrika verkoop.
Met die ontwikkeling van die Green-System™-sakekonsep, kan handelaars nou hierdie prys-sensitiewe produkte aanbied sonder die koste en moeite om
’n verskeidenheid produkreekse aan te hou. Dit laat John Deere en sy handelaars
ook toe om kliënt-lojaliteit te bou, groei in die verkope van kerntoerusting te toon en om kliënte weg te lok van mededingende alternatiewe.

Die GreenSystem™-produkte is almal strategies geïntegreer in die John Deere-bemarkingsplan sodat handelaars baat kan vind by die maatskappy se sakeondervinding met betrekking tot vooruitskatting en die bestelling, aanhou en aflewering van produkte en onderdele as deel van die John Deerenetwerk.

Die GreenSystem™- handelsmerk laat almal wen, nie net die boere nie, maar ook vervaardigers en handelaars. Die vervaardigers wen omdat hulle deur John Deere se
verspreidingstelsel in Sub-Sahara Afrika toegang kry tot markte wat hulle vroeër nooit kon bereik nie.


Die veelsydige GreenSystem™-DS1120-sleepspuit met sy glasveseltenk van 2 000 liter is goed ontwerp vir perfekte gewigsverspreiding agter die trekker. Sy spuitbalk van vlekvrye staal is 12 meter lank en stewig, duursaam en betroubaar. Die spuit kan ook met ’n balk van 16 meter bestel word. Een mens ontvou die balk maklik en vinnig en die balk se wegbreekaksie beskerm hom teen versperrings. Die spuit is beskikbaar met standaard- of hoogloopbande en ’n volledige reeks maklik omruilbare sproeiers vir alle toepassings.

John Deere in Sub-Sahara Afrika staan bankvas agter die GreenSystem™-sakemodel en sal voortgaan om produkreekse en aanbiedings by die portefeulje te voeg om aan kliënte wyer keuses te gee en om dit vir handelaars makliker te maak om ’n volledige diens te lewer.

Kontak vir Carel Theron by 082-802-2209 vir meer inligting oor GreenSystemsTM of stuur ’n epos na Theron.CarelJ@JohnDeere.com. Besoek ook John Deere se webwerf by www.johndeere.com.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Die-nuwe-Mazda-BT50-gee-honderd-persent-elke-keer

Plant-vir-’n-wenoes!