in

Graan SA wen hofsaak oor koringtarief

Die hof het in Graan SA se guns beslis om die regering te dwing om die nuwe koring-invoertarief af te kondig.

Die nuwe tarief van R1 591,40 per ton moes reeds op 24 Mei 2016 in werking tree, maar dit is nie amptelik afgekondig nie. Die hof het SARS beveel om die nuwe tarief nie later as Woensdag 24 Augustus 2016 in die Staatskoerant te plaas nie.

Volgens Jannie de Villiers, besturende direkteur van Graan SA, is dit ‘n hartseer dag as die staat hof toe gesleep moet word om sy werk te doen, maar ten minste het dit vir hulle gewerk.

Die betrokke staatsdepartemente het 60 werksdae gemors.

Handel in die Suid-Afrikaanse koringmark het amper stilgestaan as gevolg van die onsekerhede en vertragings.

Graan SA glo dat die beslissing die hele waardeketting sal bystaan deur sekerheid in die mark te bring.

Bron: Graan SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

2016 TOYOTA FORTUNER: Meer Prado as Hilux

Dom Boer se lag vir die dag: