in ,

Goeie nuus vir voedselsekerheid: Geskatte mielie-oes is 31% groter as in 2019

Mielies/maize

This post is also available in: Afrikaans

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 14,809 milj. ton gestel, wat 1,71% of 249 190 ton meer is as die vorige skatting van 14,560 milj. ton.  Die hersiene skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,611 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,67 t/ha is. Die geskatte mielie-oes is 31% groter as die 2019-oes.

Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes-provinsies, gaan na verwagting 83% van die 2020-oes produseer.

Die hersiene oppervlak onder witmielies is 1,616 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 994 500 ha. Die produksieskatting van witmielies is 8,523 milj. ton, 2,86% of 236 640 ton meer as die 8,287 milj. ton van die vorige skatting.  Die opbrengs van witmielies is 5,27 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 6,286 milj. ton, wat 0,20% of 12 550 ton meer is as die 6,273 milj. ton van die vorige skatting.  Die opbrengs van geelmielies is 6,32 t/ha.

Neem kennis dat inligting van die objektiewe opbrengs-opname van die LNR vir die Mpumalanga provinsie, in April 2020 gerapporteer word en vir die Vrystaat en Noordwes-provinsies in Mei 2020. Die huidige opbrengs syfers is hoofsaaklik verkry vanaf produsente in die verskillende provinsies.

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 731 210 ton, wat 4,59% of 32 080 ton meer is as die vorige skatting van 699 130 ton.  Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 500 300 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,46 t/ha is.

Die produksieskatting van sojabone is verhoog met 2,11% of 26 200 ton na 1,269 milj. ton.  Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 705 000 ha en die verwagte opbrengs is 1,80 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is op 56 060 ton gestel, wat 3,07% of 1 670 ton meer is as die vorige skatting van 54 390 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 37 500 ha, terwyl the verwagte opbrengs 1,49 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is 132 810 ton, wat 1,69% of 2 280 ton minder is as die 135 090 ton van die vorige skatting.  Die hersiene oppervlakteskatting vir sorghum is 42 500 ha, en die verwagte opbrengs is 3,12 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting onveranderd gelaat op 72 910 ton.  Die oppervlakte beplant met droëbone is 50 150 ha, en die verwagte opbrengs is 1,45 t/ha.

Die derde produksieskatting vir somergewasse vir 2020 sal op 29 April 2020 vrygestel word.

Bron: Oesskattingskomitee

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

John Deere

John Deere aftermarket parts service delivers real solutions in real time

Kubota Balers now in SA