in

Goeie nuus oor brandstofpryse vir Januarie

Deur Fanie Brink, onafhanklike landbou-ekonoom

Die pryse van brandstof kan welkome nuus in Januarie bring nadat die wisselkoers die afgelope twee weke aansienlik versterk het weens die algemene verwagting dat Cyril Ramaphosa as die nuwe  president van die ANC verkies sou word tydens die party se 54ste konferensie by Nasrec in Johannesburg.

Volgens die jongste inligting van die Departement van Energie kan die prys van petrol 93 (ULP & LRP) in Gauteng op Woensdag, 3 Januarie 2018 moontlik met 7,8c per liter en die prys van diesel met ‘n 0,005% swaelinhoud moontlik met 7,1c per liter daal, ten spyte daarvan dat die internasionale prys van ru-olie die afgelope twee weke tot bykans $65 per vat gestyg het, die hoogste vlak sedert April 2015.

Die werk aan een van die belangrikste oliepyplyne in die wêreld, die Noordsee oliepyplyn, wat weens ‘n bars twee weke sal neem om herstel te word het opwaartse druk op die Brent-ru-olieprys geplaas. Die lede van die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande het ook twee weke gelede besluit om die ooreenkoms om hulle produksie te verminder wat tot Maart volgende jaar van toepassings sou wees, tot die einde van 2018 te verleng.

Weens hierdie styging in die ru-olieprys kan die gemiddelde internasionale prys van petrol moontlik in Januarie met 16,0c per liter styg en die prys van diesel moontlik met 17,7c per liter.

Die daaglikse gemiddelde R/$-wisselkoers wat die afgelope twee weke tot bykans R/$13 versterk het, kan na verwagting weer dalings van 23,8c per liter in die petrolprys en 24,8c per liter in die dieselprys tot gevolg hê.

Die finale prysveranderings sal deur die Minister van Energie bekend gemaak word.

Bron: Departement van Energie

 

What do you think?

-2 points
Upvote Downvote

Total votes: 2

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 2

Downvotes percentage: 100.000000%

scania

Só werk Scania se finansiering

tata

Die Tata Ultra sit geld in the boer se sak: Deel 2