in ,

Georganiseerde plaaswagstelsels beteken plaasmoordenaars se einde

TLU SA se adjunk-president en voorsitter van die veiligheidskomitee, mnr Henry Geldenhuys, het die Leeudoringstadboere gelukgewens met hulle flinke optrede in die suksesvolle neutralisering van drie plaasmoordenaars, maar terselfdertyd ernstige misnoeë uitgespreek met die feit dat van hierdie moordenaars wat mnr Johan van Rensburg vermoor het, skynbaar al voorheen vir 15 jaar tronk toe gestuur is vir gewapende roof.

“Iets is verkeerd in die stelsel dat gevonnisde misdadigers voortydig en boonop ongerehabiliteer op borgtog in die samelewing teruggeplaas word om met hulle duiwelswerk voort te gaan. Dit is onaanvaarbaar vir die gemeenskap en is ‘n klad op die staat se regsplegende instellings. Strawwe moet so swaar wees dat ‘n misdadiger op hoë ouderdom met ‘n kierie uit die tronk kom, sodat hy eenvoudig nie in staat sal wees om weer misdaad te kan pleeg nie,” sê mnr Geldenhuys.

Terselfdertyd is mnr Geldenhuys bekommerd oor bespiegelinge dat van die boere dalk van moord aangekla en selfs gearresteer kan word. “Hulle het net hulle eie mense en gemeenskap probeer beskerm, waarmee hulle suksesvol was. Om daardie mense nou te vervolg, sal ‘n totaal verkeerde boodskap aan misdadigers uitstuur.

“Hierdie voorval het egter bewys dat landelike gemeenskappe hoogs doeltreffend kan wees as hulle georganiseerd is in hulle eie plaaswagstelsels, met hulle eie kommunikasie- en reaksievermoëns. TLU SA bly boere aanmoedig om ter wille van hulle eie veiligheid hulleself in plaaswagte te organiseer.”

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Die Boerbokke loop mooi by Nasionale Veiling

Agri Securitas Trustfonds span tegnologie in vir plaasbeskerming