in

Geenbewerking groei geil met die Semeato-fynsaadplanter

Meer akkuraat, meer betroubaar en meer produktief – dit is die vereistes wat die ontwerpers van Valtrac se nuwe Semeato SSM-geenbewerking-fynsaadplanter gestel – en bereik – het.

Vra maar vir Kon Boettiger, boer en plant- en stroopkontrakteur van Winterton, wat dié flukse planter deeglik getoets het – en breed glimlag oor die skitterende resultate.

Let op die Semeatic se lekker groot wiele wat maklik oor spilpuntspore kan klouer met hulle standaard bande wat jy enige plek kan koop. Die saad- en kunsmisbuise is teleskopies sodat jou ry-eenhede op en af oor ongelyke oppervlakke kan beweeg en steeds ’n perfekte plantdiepte en -plasing handhaaf.

Jy plant lag-lag 20 hektaar per dag met die 27-ry model en daar is ook een van 23 rye en een van 33 rye beskikbaar.

Met so min of meer 1 000 hektaar wat Kon elke jaar vir homself en ander boere plant en die stroop-werk wat gewoonlik saam met die plantery gedoen word, is dit  verstaanbaar dat hy dit nie kan bekostig om met enigiets minder as die beste te werk nie – en dit is die Semeato in alle opsigte.

Dis ’n lekker swaar, stewige, netjiese planter met ’n logiese ontwerp en sigbare hoë  vervaardigingstandaarde.

Die finale toets vir enige planter is die opkoms van die gewas. Valtrac se Semeato SSM 27-geenbewerkingfynsaadplanter slaag die toets volpunte, sê Kon Boettiger van Winterton.

Die groot wiele loop maklik oor spilpuntspore en die skyfkouters werk presies en doeltreffend deur alle plantreste. ’n Unieke nuwigheid is die opsionele Guillotine skyfkouter©, wat kunsmisvore doeltreffend deur plantreste oopmaak en kunsmis perfek toedien. Hierdie swaardiens-oopmaker is veerbelaaid om oor klippe te kloutersonder om tyd te mors of skade op te doen.

Alles wat met kunsmis of saad in aanraking kom, is van òf duursame poli-etileen òf vlekvry staal gemaak om ’n lang lewe en voortgesette akkuraatheid te verseker. Kunsmis word met ’n awegaarstelsel afgemeet, kleinsaad met geribde bekers en groter saad soos sojabone, sorghum, bone, katoen en sonneblom, met selsaadskywe.

Vir swaarder diens kan die Semeato met unieke Guillotinekouterskywe© toegerus word om deur enige plantreste te sny. As jy ‘n klip teenkom, lig die hele kouter met kunsmisplaser en al teen die stywe veer bo-oor sodat jy sonder skade of tydverkwisting verder kan plant.

Die pitplasing en plantdiepte word perfek beheer, ongeag die ongelykheid van die land, en die saad word perfek vasgetrap om foutlose  ontkieming en groei te verseker.

Die SSM 27 dra 1 635 liter of  1 848 kg kunsmis en 1 109 liter of 832 kg saad saam. Hy plant 27 rye koring 17 cm van mekaar, of 13 rye soja 34 cm uitmekaar.

Met sy gewone kouterskywe verg die SSM 27 89 kW trekkerkrag en met Guillotine-skywe© 97 kW.

Dis maklik om met die Semeato te werk, sê Kon, maar die groot toets vir enige plantwerk is natuurlik die opkoms van die gewas. Ook daarmee is hy hoogs ingenome.

Vir meer inligting oor Valtrac se gedugte, volbloed geenbewerkingsfynsaadplanter wat ook soja en selfs mielies kan plant, praat met Kon self by 082-550-5262 of met  Hennie du Toit by 082-880-3412 of 056-817-7308 of  henniedut@valtrac.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Boer-vir-gewig-met-West-Front-Tuli-genetika

TREOC-Eiendomsbelegging-(deel-1):-Tradisionele-maniere-om-in-eiendom-te-belê