in

Geen huwelik tussen GWK en OVK

Die landboumaatskappy GWK, met sy hoofkantoor op Douglas in die Noord-Kaap, en OVK, op Ladybrand in die Oos-Vrystaat, gaan nie meer saamsmelt nie. Dirk Kok van OFM berig dat GWK gister sy aandeelhouers ingelig het dat die samesmeltingsplan van die baan is. 

Die maatskappy se finansiële direkteur, Johann Klopper, sê in ‘n kennisgewing aan die aandeelhouers dat die besluit op grond van die waardasies geneem is. 

Dit is nie moontlik vir GWK en OVK om as gelyke maatskappye saam te smelt nie. 

Dié besluit is geneem nadat die waardasies deur PriceWaterhouseCoopers aan die twee maatskappye se direksies voorgelê is. 

Mnr Klopper sê GWK se direksie en hoofbestuur het reeds ander geleenthede vir groei geïdentifiseer. 

GWK is in die proses om ‘n nuwe besturende direkteur aan te stel. 

Nadat mnr Johan van Dyk middel verlede jaar as besturende direkteur uitgetree het, het GWK besluit om die aanstelling van ‘n nuwe direkteur eers op die ys te plaas hangende die moontlike samesmelting. 

Bron: OFM

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Vakansieskou-laat-die-voete-jeuk

WRSA-wil-wildboer-voor-1-000-gaste-aanwys