in ,

Gee nóú gas met Pro Gas Solutions

Nou kan ek rustig op die regte tyd plant,” sê Christo Cronjé van Cronjé Boerdery naby Vrede. Wanneer daar werklik wyd geplant word op ’n plaas in die Vrystaat, help dit baie as die proses vereenvoudig kan word met stikstoftoediening lank voor die tyd.

Christo hanteer die saaikomponent van die boerdery saam met sy pa, JC. Hulle het nou vir die derde seisoen gebruik gemaak van die kundige en flink diens van VS Agri se Pro Gas Solutions om voor planttyd stikstof in die vorm van ammoniakgas toe te dien.

“Ons wil nie in planttyd met ’n klomp kunsmis en logistiek sukkel nie,” vertel Christo. Die ammoniak kan van net na strooptyd af toegedien word, mits die grondvog reg is. Die gas bind met die kleideeltjies in die grond en lê dan rustig en wag vir die volgende aanplanting se wortels om hulle kos te kom haal.

Christo-hulle dien ook vloeibare kunsmis saam met die ammoniak toe om spoorverkeer in die lande te verminder en om die plantproses verder te vereenvoudig.

Hy sê nog ’n voordeel is dat die chemie klaar ’n kans kry om te werk en om te skakel voor die plante dit nodig kry. Dit is belangrik dat jou grondstatus moet reg wees sodat die kunsmis nie vasgelê word deur die grond nie. Christo-hulle doen ’n ligte stoppelbeweiding met die beeste sodat hulle nie die grond te veel kan vastrap nie en daar nog genoeg plantmateriaal beskikbaar is vir vogbehoud en om deur strookbewerking onder die grond geplaas te word.

Progas2
Die druktenks op die Orthman-strookbewerkers kan vinnig en veilig langs die land hervul word.

Die ammoniak en kunsmis word tussen 200 en 250 mm diep in die stroke geplaas waarin daar dan later geplant word. Alles is deel van ’n presisiestelsel en die toediening van die gas word ook vanuit die kajuit gemoniteer.

Die toedieningsvolume word per land gestel na aanleiding van die spesifieke land se opbrengskaart en wissel gewoonlik tussen 80 en 90 kg/ha. Die toediening bly konstant ongeag trekkerspoed.

Hoe dit werk

Ammoniakgas is ’n byproduk van Sasol se brandstofvervaardigingsproses en is plaaslik beskikbaar. Wanneer die gas onder druk verkeer, is dit in ’n vloei-stofvorm en dit bly in vloeistofvorm totdat dit in die grond geplaas word.

’n Tandwerktuig soos ’n skeurploeg of beitelploeg, wat aangepas word om die drukhouers te dra, word gebruik om die ammoniak onder die grond te plaas.

Die ammoniak reageer met grondvog en word direk na ammonium (NH4+) omgeskakel, wat aan klei en organiese materiaal vassit. Ammoniak is die hoogste gekonsentreerde bron van stikstof – 82%N.       

Hein Barnard en Tiaan Potgieter van VS Agri se Pro Gas Solutions in die nuwe kunsmisaanleg wat op Vrede gebou word om ’n eenstopdiens aan boere te lewer.
Hein Barnard en Tiaan Potgieter van VS Agri se Pro Gas Solutions in die nuwe kunsmisaanleg wat op Vrede gebou word om ’n eenstopdiens aan boere te lewer.

Die stikstof is dan beskikbaar sodra die plant begin groei. Dit is geskik vir ’n wye reeks gewasse soos mielies, soja, koring, graansorghum, sonneblom, aartappels en groentegewasse soos pampoen en kool. Die meeste grondsoorte is geskik vir ammoniak toediening, behalwe klipperige gronde.

Hoe veilig en hanteerbaar is dit?

Die ammoniak word in spesiale drukhouers gehou wat aan streng veiligheidsmaatreëls onderworpe is en onafhanklik getoets word. Hein Barnard van Pro Gas Solutions, ’n been van

VS Agri, sê boere is lankal bekend met die voordele van ammoniakgas, maar die beskikbaarheid en praktiese hantering daarvan was nog altyd ’n probleem.

“Ons is self boere en ons verstaan dat ’n boer nie kan bekostig om te sukkel as hy moet werk nie. Dit is waarom ons ’n proses ontwikkel het om dit so maklik as moontlik te maak met goed beplande aflewering, die oprigting van ’n veilige depot op die plaas as daar so ’n behoefte is en bykomende druktenks om langs die land gereed te staan,” vertel Hein.

Daar kan ook hulp verleen word met die aanpassing van toerusting vir die toedieningsproses en werkers word opgelei om die oorplasing van ammoniak tussen tenks veilig te hanteer.

Maklike hantering is die een kant van die saak, maar werk dit?

Christo sê daar is baie faktore wat ’n invloed het op ’n goeie oes, maar selfs in die moeilike landbouseisoen wat verby is, het hulle op droëland gemiddeld 6 ton per hektaar gestroop en hy glo dit is omdat die plante sterk was met ’n beter kans op oorlewing. Onder besproeiing het hulle op een land ’n rekordoes van 16 t/ha behaal. “Die stikstof was daar toe dit nodig was,” sê hy.

Hein Barnard van VS Agri kan al jou vrae oor hulle oplossings vir gastoediening beantwoord. Kontak hom by hein@progassolutions.co.za, 016-970-8902 of 082-577-6123.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Sprankelwerktuie spesiaal vir die boer: Kanna ken nie kannie

Daar is hoop teen antibiotikaweerstand