in

Gaan broodpryse nou styg of nie?

Die vraag of broodpryse nou gaan styg bly ‘n raaisel, want volgens prof Johan Willemse van die Universiteit van die Vrystaat gaan dit verhoog en Graan SA bly by hulle standpunt dat dit nie behoort te styg nie.

“Daar word verwag dat broodpryse met ten minste 10% gaan styg as gevolg van die 34% verhoging in die invoerbelasting van koring,” sê prof Willemse.

Die verhoging sluit nie die uitwerking van die onlangse verhogings in elektrisiteit en brandstofkostes in nie, dit kan ook broodproduksie raak.

Die staat het aangekondig dat die invoertarief van R911,20/ ton tot R1 224,31/ton verhoog.

In teenstelling hiermee het Graan SA duidelik in ‘n persverklaring gesê dat die 10% verhoging nie korrek is nie. Volgens Graan SA sal dit ‘n terugslag vir die verbruikers wees indien die prys sou styg omdat dit al is wat party mense kan bekostig.

Graan SA voeg by dat broodpryse eintlik laer moes gewees het die afgelope paar maande, aangesien laer internasionale pryse van koring vanaf Desember 2015 gegeld het. Jannie de Villiers, besturende direkteur van Graan SA sê duidelik: “Broodpryse moenie verhoog word nie.”

Die koringprys is slegs 18% van die broodprys en word soms gebruik as ‘n verskoning om die broodpryse te verhoog, voeg hy by.

Brood is stapelvoedsel vir arm huishoudings wat alreeds sukkel om kop bo water te hou as gevolg van die kospryse wat as gevolg van die droogte gestyg het en die regering kan ook heel moontlik die gevolge van die hoër kospryse voel aangesien dit die verkiesingsjaar is.

Bron: bizcommunity en Graan SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Dom Boer se lag vir die dag: