in

Fortuner-LTD-staan-vir-vryheid

‘n Spoggerige reeks vuurwaens gaan binnekort op Suid-Afrika se paaie pronk: Toyota het so pas hulle Fortuner LTD Limited-reeks (beperkte uitgawe) bekend gestel. Dié spogvoertuie met hulle aantreklike en geharde voorkoms is die produk van ‘n lang lys toerusting en bybehore wat netjies bymekaargesit is.

“Vryheid is selfs nog mooier” is die gedagte wat deur jou kop sal gaan as jy agter die stuur inskuif en die pad aandurf.

Die LTD Limited-reeks, wat net vir die Fortuner 3.0- en 4.0-reeks (die weergawes met ’n verhoogde romp sowel as 4×4-weergawes) beskikbaar is, sal van Julie tot September in Toyota se wêreldklas-aanleg in Prospecton in Durban, gebou word.

Kerry Roodt, hoofbestuurder van Bemarkingskommunikasie, het dit so opgesom: “Die nuwe LTD Limited-weergawe fokus op styl en praktiese bruikbaarheid, terwyl die voertuig terselfdertyd puik waarde vir geld bied.

“Kopers kry vir ’n klein bedrag meer as wat die standaard-model kos toerusting wat heelwat meer sou kos as dit afsonderlik as bykomstighede aan ’n voertuig gemonteer sou word.

“Ek is seker dit sal die belangstelling van talle nuwe en bestaande Fortuner-klante prikkel.”

’n Indrukwekkende lys standaard-toerusting is een van die hoogtepunte van die Fortuner – volle leerbekleedsel, stabiliteitsbeheer (VSC), raakskerm-klankstelsel met trurat-monitor, Bluetooth, outomatiese klimaatbeheer, outomatiese kopligte en iPod-versoenbaarheid is maar net van die nuwighede op die lys. Die nuwe LTD Edition-reeks brei die gewone model uit deur verskeie leefstyl-verbeterings te bied:

·                    Kanttrappies van vlekvrye staal met unieke, uitgesnyde “LTD Edition”-kentekens

·                     Nerfstamper van vlekvrye staal met ’n unieke, uitgesnyde “LTD Edition”-kenteken

·                     Trekstang met dofswart-afwerking

·                     Agterste drumpel-skerm

·                     Rookgrys 17”-allooisierwiele

·                     Verchroomde buitespieëlhulsels

·                     “LTD Edition”-kenteken agter

·                     Bykomende matstel met “LTD Edition”-borduurwerk

 

Pryse (BTW ingesluit)

·                     Fortuner 3.0 D-4D RB LTD Edition –                    R434 700

·                     Fortuner 3.0 D-4D RB outo LTD Edition  –           R446 700

·                     Fortuner 4.0 D-4D RB outo LTD Edition  –           R463 900

·                     Fortuner 3.0 D-4D 4×4 LTD Edition –                    R482 700

·                     Fortuner 3.0 D-4D 4×4 outo LTD Edition –           R494 900

·                     Fortuner 4.0 D-4D 4×4 outo LTD Edition             –           R511 700

Vir navrae kan Clynton Yon by 082-659-0830 of cyon@tsb.toyota.co.za gekontak word.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

TLU-SA-wil-nie-pres-Zuma-se-neef-help-ryk-maak-nie

Dawie-Roodt-glo-boere-moet-hulle-eie-krag-opwek