in

Ford SA het ‘n nuwe besturende direkteur

Neale

This post is also available in: Afrikaans

Ford Motormaatskappy het op 26 Junie 2018 aangekondig dat Neale Hill, 50, vanaf 1 Julie die nuwe besturende direkteur sal wees van Ford Suid-Afrika en Sub-Sahara Afrika.    

Dr Casper Kruger, vorige bestuurder van Ford, het besluit om die maatskappy te verlaat. “Ons bedank Casper vir sy toewyding oor die jare en wens hom alles van die beste toe,” sȇ Mark Ovenden, president van Ford Middel-Ooste en Afrika.

Neale, wat tans die direkteur van Bemarking, Verkope en Dienste is, het baie ervaring in Suid-Afrika asook internasionaal. Tydens sy meer as 25 jaar loopbaan by Ford was hy betrokke by verskeie afdelings.

“Ek is geёerd om hierdie wonderlike geleentheid te kry om Ford te lei en is bevoorreg om met ervare leierskapspersone te werk,” sȇ Neale.

Bron: Ford Motormaatskappy

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

porche

Porsche se 718 Boxter en Cayman modelle kry GTS woema

VL vra vir spesiale eenheid ná dubbele plaasmoord in Van Stadensrus