in

Februarie 2017 se trekker- en stroperverkope is minder as ‘n jaar gelede

trekker

Trekkerverkope van 675 eenhede in Februarie is byna 8% minder as die 731 eenhede wat verlede Februarie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou ongeveer 12% laer as verlede jaar. Stroperverkope van 19 eenhede in Februarie is drie eenhede laer as die 22 eehede wat verlede Februarie verkoop is. Stroperverkope vir die jaar tot dusver is ongeveer 8% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende tydperk.

Die huidige vlakke van verkope dui op ᾿n groot mate van omsigtigheid in die mark. Die heersende situasie in die mark laat boere toe om besluite oor aankope vir ᾿n rukkie uit te stel. Die sterker waarde van die rand beteken dat pryse vir toerusting gestabiliseer het en goeie reën in die meeste gebiede beteken dat die meerderheid van boere aansienlik beter oeste sal hê as verlede jaar. Die uitstekende someroesverwagtinge het egter, soos verwag kan word, pryse vir gewasse afgedruk.

Ramings in die bedryf is dat korttermynverkope volgehou sal word teen die huidige laer vlakke en dat dit later sal verbeter wanneer boere begin oes. Volgens verwagtinge vir 2017, behoort algehele trekkerverkope minstens so goed te wees as wat dit in 2016 was.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

grappe

Dom Boer se lag vir die dag:

grond

LIMPOPO LANDBOU FORUM