in

Eskom tariefverhogings: Boere kry seerder

Sekere boere moet van hierdie maand af ‘n verhoging van meer as 12% in hulle kragrekening trotseer. Ander betaal sowat 9,3% meer vir elektrisiteit, teenoor die land se gemiddelde tariefverhoging van 8%.

Die nuwe kragtariefverhogings wat vanaf 1 April 2013 af geldig is, beteken stygings van 9,3% of meer as 12% vir landelike gebruikers. Dit is volgens bepalings wat Eskom onlangs bekend gemaak het, en ook met Agri SA bespreek het, berig Sake24.

Die Nasionale Energie-reguleerder (Nersa) het beslis dat die land se kragtariefverhogings vir die volgende vyf jaar jaarliks 8% sal wees. Dít het gevolg op ’n aansoek van Eskom vir ’n jaarlikse styging van 16%.

Eskom het daarop gewys dat sommige verbruikers ’n variasie op die gemiddelde 8% verhoging vir die land sal sien.

Mnr Dawie Maree, senior ekonoom vir Agri SA, sê geen gedetaileerde uiteensetting van hoe die persentasies bereken is, is in die verslag aangebied nie. Hy sê ’n 8% styging sou reeds baie druk op boerderye geplaas het, en dié verhogings gaan die druk vererger.

Hy sê dit gaan vir hulle ’n groot uitdaging wees om die energiekoste teen te staan en verander te kry. Die organisasie is wel besig om met Eskom te onderhandel oor soortgelyke stygings in diens- en netwerk-uitgawes wat ook op boere se rekeninge aangedui word.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Nuwe middel help hoenders groei

Daar-is-groot-groei-in-Klein-Karoo~saad