in

Eskom stem in om Standerton se hoenders vir eers te red

Eskom

Die krisis rondom die miljoene hoenders in Standerton wat kan vrek as gevolg van Eskom se besluit om die krag na die plaaslike munisipaliteit af te sny, is vir eers afgeweer. Astral, ‘n groot Suidelike-Afrika pluimveemaatskappy, het vroeër ‘n brief vanaf Eskom ontvang waarin hulle gesê het hulle gaan die krag na Standerton afsny. Die maatskappy het toe ‘n dringende hofinterdik aangevra om Eskom te verhoed om die elektriese toevoer af te sny.

Eskom het na ‘n vergadering met die adjunk-regterpresident van Pretoria se Hooggeregshof ingestem om die afsny van die elektrisiteit na Lekwa plaaslike munisipaliteit tot 28 Februarie 2017 uit te stel sodat die aansoek aangehoor kan word op 21 en 22 Februarie 2017.

Chris Schutte, besturende direkteur van Astral, sê: “Ons neem kennis dat die onmiddellike krisis afgeweer is, maar dit beteken steeds nie dat die munisipaliteit in staat is om hulle pligte na te kom en die streek van krag te voorsien nie. In ons opinie is Lekwa ‘n mislukte regeringstruktuur wat nie in staat is oom hulle finansiële verpligtinge na te kom nie. Ons benodig dringende ingryping vanaf die nasionale regering om ‘n permanente oplossing vir die situasie te kry wat sal verseker dat Astral en ander organisasies in die gemeenskap hulself nie weer in die situasie sal bevind as 28 Februarie kom nie.

“Soos ons voorheen gesê het, indien hulle werklik die kragtoevoer sal afsny, sal dit ernstige gevolge vir Astral inhou. Ons sal regstappe neem om ons organisasie te beskerm. Hierdie gereelde en herhalende dreigemente van elektrisiteitsonderbrekings ontwrig almal.”

Sedert Astral Eskom se brief ontvang het oor die afsny van die elektrisiteit het Astral met verteenwoordigers van die plaaslike munisipaliteit, provinsiale regering en ander partye wat hierdeur geraak word vergader  om die krisis op te los. Astral kon ongelukkig nie direk met Eskom kommunikeer nie.

Chris sê verder: “Ons is verleë dat ‘n meningsverskil tussen twee staatsinstellings oor betalings ‘n negatiewe impak op organisasies het. Eskom het die monopolie op kragvoorsiening in die land wat maatskappye geen ander werkbare alternatief laat nie, maar steeds dring Eskom daarop aan om betalende verbruikers te penaliseer.”

Kliek hier om ons vorige artikel oor Astral en die elektrisiteitskwessie te lees.

Bron: Keyter Rech Investor Solutions vir ASTRAL

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

chicken

Europa se goedkoop hoenderboudjies wurg SA se pluimveebedryf

Valley

Die sleutel tot sukses: Valley bly die spilpunt aan die spits