in

Ernst Janovsky tree af

Ernst Janovsky

Een van die bekendste gesigte by landbougeleenthede gaan nou ‘n bietjie minder sigbaar word. Ernst Janovsky was verantwoordelik vir die Agrisektor by ABSA bank en hoof van ABSA se Agribesigheid sedert 2008 en tree nou af.

Hy is een van die mees gerespekteerde landbou-ekonome in Suid-Afrika en ‘n bekende spreker. Sy akademiese agtergrond en praktiese ervaring as ‘n boer en lid van die landboubedryf het baie tot sy loopbaan bygedra. Hy is een van die min landbou-ekonome wat bereid is om langtermynvoorspellings in die landboubedryf te maak.

In ‘n e-pos wat hy uitgestuur het sê hy dat dit pret was, maar dat hy nou moet gaan want hy het gehoor aftrede is nie vir sissies nie. “Ek wil almal van julle bedank vir die ondersteuning gedurende die afgelope 9 jaar, dit was ‘n besonderse reis,” sê hy.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

grappe

Dom Boer se lag vir die dag:

grappe

Dom Boer se lag vir die dag: