in

Ent nou jou vee in teen slenkdalkoors

slenkdalkoors

Die Direktoraat van Dieregesondheid by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye wil graag alle vee-eienaars herinner om hulle skape, beeste en bokke teen slenkdalkoors in te ent.

Slenkdalkoors is ‘n ernstige virussiekte wat deur muskiete versprei word en kan tot vrektes en aborsies by skape, beeste en bokke lei

Mense kan ook besmet word deur slenkdalkoors wat tot ‘n enstige siekte kan lei. Goeie reënval soos die afgelope tyd geval het, sal lei tot ‘n groter getalle muskiete wat die siekte oordra.

Die beste manier om die siekte te verhoed is om diere in te ent deur ‘n geregistreerde entstof. Die entstof moet toegedien word voor die aanvang van enige slenkdalkoors uitbreking, want die inenting tydens ‘n uitbreking kan verdere verspreiding van die siekte veroorsaak.

Dragtige diere moet net met die OBP(Onderstepoort Biologiese Produkte) inactivated entstof of OBP Clone 13 entstof ingeënt word. Alle nie-dragtige diere kan met die OBP live slenkdalkoors entstof of die OBP Clone 13 entstof ingeënt word.

Vir meer inligting kontak jou naaste veearts.

Bron: Departement van Landbou

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

witkruismonument

Agri SA reageer op skokkende plaasaanvalle

smash and grab

Jou voertuig is nie ‘n veilige plek nie – wees versigtig