in

Engen en Agri SA vat hande om hulp aan SA se boere te bied

This post is also available in: Afrikaans

Boerderygemeenskappe oor die land heen word ernstig geraak deur verwoestende droogtetoestande, en daarom het Engen ‘n vennootskap met Agri SA gesluit om deur produkverkope ‘n bydrae te maak tot die Droogtehulpfonds en sodoende te verseker dat plase in produksie bly en dat werksgeleenthede en voedselsekerheid beskerm word.

Vir elke liter olie wat deelnemende Engen-ondernemings landswyd verkoop, sal R1 bygedra word tot Agri SA se Droogtehulpfonds.

Sedert 2015, het duisende boere en plaaswerkers wat geraak is deur die landswye droogte gebaat by hierdie fonds.

Engen is trots om deel te wees van hierdie inisiatief in die lig van hul nou bande met die landbousektor.

“As voorste verskaffer van brandstof en smeermiddels aan die landbousektor, het ons eerstehandse kennis van die impak wat die voortslepende droogte op ons boere, plaaswerkers en boerderderygemeenskappe het; daarom het ons ‘n vennootskap met Agri SA gesluit om die volhoubaarheid van hierdie sektor te verseker,” sê Zama Dyaphu, indirekte verkoopsbestuurder vir Engen Lubricants.

Met die impak van die droogte wat veral voorkom in die Noord-Kaap, Limpopo en dele van die Oos- en Wes-Kaap heers is Agri SA dankbaar vir die vennootskapsgeleentheid met Engen.

“Engen se bydrae sal van groot hulp wees vir boere, plaaswerkers en boerderygemeenskappe wat steeds gebuk gaan onder hierdie langdurende droogte. Ons sal nou saamwerk met ons provinsiale affiliasies om te verseker dat die hulp diegene bereik wat dit die meeste nodig het,” sê Andrea Campher, ramprisiko-bestuurder van Agri SA. 

Verkope van Dieselube 700 Super, Agritrac Super Universal en Agrifluid Transmissie- smeermiddels by deelnemende koöperasies en verspreiders sal verseker dat R1 per liter tot die Droogtehulpfonds bygedra word.

Bron: Agri SA & Engen

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Agri SA sê voedselproduksie en hongersnood verligting moet nou voorop gestel word

Jacques Taylor

Driving Africa’s green revolution