in

Elke bietjie hulp is ‘n druppel in die droogte-emmer.

Die droogtekrisis is besig om geweldige afmetings aan te neem en alhoewel daar oor die naweek reën oor groot gedeeltes van die land geval het, kan landbou op sy knieë gedwing word as daar nie ingegryp word nie.

Boere het self die leiding geneem met ‘n organisasie, Boere in Nood, wat nou reeds duisende bale voer bymekaargemaak en na swaarkrydiere regoor die land vervoer het.Elke sent wat Boere in Nood ontvang word gebruik om voer aan boere te verskaf en die organisasie het geen ander doel as hulpverlening aan droogtegeteisterde boere nie.

Boere in Nood se bakkiesbladgroep is reeds meer as veertigduisend lede sterk en kan gevind word by https://www.facebook.com/groups/925517180818254/?ref=ts&fref=ts.

Die burgerregte-organisasie, Afriforum, het nou ook ‘n helpmekaarplan geloods om hulp aan droogtegeteisterde gebiede te voorsien. Afriforum gaan vir die volgende weke lede van die publiek op nasionale vlak aanmoedig om R10 by te dra, waarna Afriforum onderneem om die bedrae op ʼn rand-tot-rand-grondslag te verdubbel. ’n Teksboodskapdiens waardeur die publiek hul bydraes kan maak is geskep.

“Suid-Afrika word deur ’n ernstige droogte geteister. Boere kry ontsettend swaar en sekere dorpe het op dié stadium geen drinkwater nie. Ons kan nie anders as om ook in te spring en te help nie,” sê Henk Maree, nasionale woordvoerder van Afriforum.

Afriforum is van voorneme om ná afloop van die veldtog boere wat ’n ernstige tekort aan weiding ondervind in samewerking met landbou-organisasies soos TLU Suid-Afrika by te staan, asook om dorpe wat waterskaarste beleef, te ondersteun om die swaarkry te verlig.

“Ons moedig alle lede van die publiek aan om hulle name na 38312 te SMS om R10 tot die fonds by te dra. Elke R10-SMS gaan R20 se bydrae tot die droogtefonds verseker,” het Maree gesê.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Droogteplanne

Koop nou jou Kynofos by Yara