in ,

ELB Equipment wys tawwe toerusting by NAMPO

Die GEHL 750-knaklaaigraaf

This post is also available in: Afrikaans

Taai toerusting wat die boer getrou dien en aan streng veiligheidsvereistes voldoen – dit is wat ELB Equipment verskaf. Hulle landbou-, grondverskuiwing-, myn-, konstruksie-, en padboumasjiene kom uit net die beste fabrieke regoor die wêreld om net die beste diens te lewer. Naverkoopdiens en onderdelevoorsiening is deel van hulle diens aan die boer.

ELB se mense glo daaraan om boere se behoeftes te bevredig deur vir hulle spesialisoplossings te verskaf wat die boer se winsgewendheid sal verhoog.

Die masjien se bak is so ontwerp dat dit met elke skep propvol gemaak word, wat produktiwiteit verhoog. Hy het ’n Power-A-TACH-hidrouliese aanhegsel en ’n glystuur-koppelvlak om van die aanhegsels wat jy reeds besit, te gebruik. Die masjien is baie gemaklik en het ’n sewerigting verstelbare sitplek, multifunksie-beheerarm, ten volle verstelbare stuurkolom en ’n bekerhouer. ’n Lae, glyvrye trappie maak dit vir die operateur maklik om in en uit te klim. Knakstuur verseker ’n klein draaisirkel wat tyd bespaar en beweeglikheid in klein ruimtes moontlik maak. Die kruippedaal beheer die spoed presies om akkuraatheid te verseker.

ELB het verskeie takke regoor Suid-Afrika. Kontak ELB by 011-306-0700 of stuur vir hulle n e-pos na elb@elbquip.co.za om meer oor hulle produkreeks uit te vind. Besoek hulle webwerf by www.elbequipment.com.

ELB se Evoquip Bison 120 is ’n gedugte, maar kompakte mobiele klipbreker wat tot 80 ton materiaal per uur kan verwerk.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Agrico leer pompe om self te dink

H20

Going Off Grid