in

Dubbelsool by beeste is ’n gevoelige saak

bees hoewe

Vandeesmaand se onderwerp in Johan Hoewe, professionele hoefsnoeier, se reeks artikels oor hoefsiektes by beeste is dubbelsool:

Dubbelsool is ’n baie algemene probleem onder alle vleisrasbeeste in Suid-Afrikaanse toestande. In Europese en melkerytoestande is voeding die grootste oorsaak van dubbelsool. My ondervinding in Suid-Afrikaanse toestande is dat 90% van die dubbelsool wat ek wel kry deur eksterne toestande soos te veel nattigheid, spykers, dorings en veral klippe veroorsaak word.

Tydens die nat seisoen word dubbelsool veroorsaak deur iets soos ’n klippie wat by die sool indruk en dan veroorsaak dat bakterieë en grond die hoef binnetonnel tot onder die sool, waar dit ’n abses vorm. Die vloeistof, gewoonlik etter uit die abses, tussen die dermis en epidermis veroorsaak dat daar ’n nuwe sool onder die bestaande een begin vorm. Lang tone en plat hakke vererger die situasie omdat ’n groter deel van die hoef met die grond in aanraking kom. Hoewe wat reggesnoei is, kan dus beslis help om die toestand te voorkom. Die probleem kan verder vermy word as die boer ’n voetbad met kopersulfaat of formalien aanbring waardeur beeste gereeld moet loop.

Dit help om die hoewe harder te maak in die reënseisoen. Vinnige verandering van weiding moet ook vermy word. Wanneer dubbelsool wel voorkom, kan die hoefsnoeier help om die toestand te verlig en reg te stel. Die buitenste deel van die hoef moet behou word en net ’n deel van die ou sool wat die poot bedek moet weggesny word. Die nuwe sool is uiters sag en kan maklik beskadig word, daarom moet die dier net op sagte vlakke loop totdat die nuwe hoefmateriaal hard geword het. Daarna kan die ou sool heeltemal verwyder word.

Ek bespreek in die volgende uitgawe witlyninfeksie. Kontak my gerus vir meer inligting en hoe ek jou kan help met gesonde hoewe. Besoek gerus my webbladsy, www.johanhoewe.co.za, vir meer inligting asook produkte of skakel my by 082-568-5034.

dubbelsool
Dubbelsool kan ook van binne veroorsaak word as ’n bees se hoewe nie reg gesnoei is nie! Wanneer die tone te lank is en die hak te vlak, druk die pootbeen van binne af ’n gaatjie in die hoefkussing. Dit kan veroorsaak dat bakterieë en fyn grond die poot kan binnedring en dubbelsool veroorsaak.
dubbelsool
Indien ’n hoef ongebalanseerd is en die laterale of die mediale kant hoër is, kan daar ook witlynontsteking veroorsaak word, wat ek in die volgende uitgawe sal bespreek. Volgens my ervaring kan witlynontsteking ook sekondêr omskakel in dubbelsool. Om die probleem op
te los of te voorkom, is dit belangrik om te sorg dat jou diere se hoewe gereeld nagegaan word en gesnoei word. Dus word die looppoppervlak kleiner deur lang tone korter te sny en die dier moet meer hak kry wat sal help dat hy meer op sy tone loop en sodoende sy hakke gemaklik van die grond kan oplig.

dubbelsool
Interne dubbelsool moet nie met ’n kneusplek verwar word nie. Kneusplekke word ook deur klippe veroorsaak, maar wanneer die klippie
die pootkussing prik sodat bakterieë die klou kan
binnedring, kan dit omskakel in dubbelsool.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

sussex

Ons praat oor beesrasse: Verhoog produktiwiteit op jou plaas met die Sussex-ras

braford

Thiele Estates hou suksesvol veiling