in

Droogtekrisis nog nie verby: Nog hulp gevra

Al hoe meer organisasies werk saam om droogtehulp aan boere te voorsien in die groot krisistydperk. AfriForum, Solidariteit, Helpende Hand en TLU SA het ook hulle planne bekend gemaak om die boere in die droogtetyd te help.

AfriForum bedank nie net elke persoon wat al ’n bydrae gelewer het nie, maar hulle skenk ook R200 000 aan TLU SA om die samewerkingsooreenkoms af te skop.

Henk Maree, AfriForum se nasionale woordvoerder, sê dat die droogtekrisis nog nie verby is nie en dat boere alle moontlike ondersteuning benodig. “Ons vra elkeen om ‘n teksboodskap met sy naam na 38312 te stuur om sodoende ʼn R10-bydrae te maak. AfriForum is bereid om die geld rand-vir-rand te verdubbel.”

Verder het dr Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand, ook sy organisasie se hulp aan die boere bekend gemaak. Hy sê: “Ons bied graag ondersteuning deur die TLU SA se takke aan in die vorm van R100 000 se verligtingskoepons wat vir voedselaankope aangewend kan word. Helpende Hand het ook die Rampgebiedstudiefonds geskep waaruit agt studente, wie se families deur die droogte geraak is, rentevrye studielenings ontvang het.”

Dr Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het die publiek herinner dat die droogtekrisis elkeen in die land gaan raak en dat hulle daarom ’n bydrae moet lewer

Daar is gesprekke met verskeie kerke op sinodale vlak gevoer, want TLU SA wil ’n gesamentlike operasionele sentrum (GOS) stig wat hulp kan verleen en in die toekoms gebruik word.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Veeboere: Hanteer die droogte só

AfriSake sê nee vir nuwe swartbemagtigingskodes in die landbou