in

Droogte knou Augustus se trekker- en stroperverkope

Werktuigverkope vir hierdie jaar is baie laer in vergelyking met laasjaar, wat aan die droogte toegeskryf kan word.

Trekkerverkope van 460 eenhede in Augustus is 22% laer as die 589 eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope ongeveer 15% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende tydperk. Stroperverkope van ses eenhede in Augustus is aansienlik laer as die 15 eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope ongeveer 14% laer as verkope verlede jaar.

Hoewel sentiment in die mark steeds positief is, wag boere in die somergewasgebiede versigtig op die aanvang van die somerreënseisoen. Plaaslike en internasionale weersdienste wys daarop dat die El Niño-uitwerking omgekeer is in ‘n swak La Niña-uitwerking. Dit kan dui op gunstiger vooruitsigte vir normaler somerreënval as wat ons vir ᾿n geruime tyd beleef het. Die nagevolge van die swak reënval oor die afgelope paar jaar sal nie maklik oorbrug word nie en die mark sal steeds oor die korttermyn moeilike tye moet oorkom. Weerstoestande en tot ᾿n geringer mate, die wisselkoers, sal die belangrikste aandrywers wees vir die res van 2016.

Ramings in die bedryf is steeds dat trekkerverkope in 2016 laer sal wees as verkope vir die vorige jaar, moontlik teen tussen 15 en 20% laer.

 

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Van Pletzen Beefmasters teel vir vleis van die veld af

Bold EC macadamia nut project unlocks opportunity in the rural space