in

Droogte én aanvalle bedreig landbou

Die knellende droogte wat tans heers in die graanverbouingsgebiede van die land, is nie die enigste aspek wat boere en hulle werkers se voortbestaan bedreig nie. Die voortslepende afmetings wat plaasaanvalle aanneem, is ook ‘n bekommernis vir die graanhanteringsketting, sê Annatjie Loio van GOSA.

Sy sê Suid-Afrika se graanhanteringsketting is regstreeks afhanklik van primêre produsente wat voldoende en veilige voedsel produseer om die nasie te voed.

“Ons is egter saam met die landbougemeenskap bekommerd oor misdadigheid in die platteland wat lei tot die voortslepende aanvalle op produsente en hulle werkers.

“As verteenwoordigende organisasie van die land se graanhanteerders, voeg die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika (GOSA) sy stem by die noodkreet aan die Regering deur landbouers en hul werkers. Die media berig nou weekliks van misdadige aanvalle op produsente én plaaswerkers – die Regering sal die erns van die saak moet besef en iets daadwerkliks aan die situasie doen,” het me Loio, president van GOSA, gesê.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Kry ekstra rytyd met Shell Diesel Extra

Swak werksprestasie