in , ,

Dow AgroSciences troef witluise met splinternuwe tegnologie

Skadelike insekte is nou maar eenmaal nie gewillig om die stryd teen gewasboere gewonne te gee nie en hou chemiese maatskappy soos Dow AgroSciences deurlopend op hulle tone om in die weerstandwedloop nuwe middels op die mark te bring.

Sap-suigende insekte soos bladspringers, plantluise, dopluise en witluise is tans besig om die bestaande middels op die mark in te haal en die bedryf het ’n sug van verligting geslaak toe die internasionale landbouchemiese maatskappy, Dow Agro- Sciences met splinternuwe chemise tegnologie vorendag gekom het. Die aktiewe bestanddeel van die produk wat binnekort in Suid-Afrika geregistreer gaan word se naam is Isoclast™ (sulfoxaflor) en het ’n rits besondere eienskappe wat die bedryf ’n hele paar treë sal laat veldwen. Dit word onder die handelsnaam Closer™ bemark.

Closer™ het ’n baie sterk kontakaksie en bykomende translaminêre en sistemiese aksie wat die produk vervoer na die verste, en mees beskutte hoekies en holtes van blare en lote, waar witluise en ander sap-suigende insekte soms wegkruip en voed. Maar die goue reël bly maar om voorkomend op te tree en dit is waarom die luise in die kruiperstadium, wanneer die eerste nimfe begin beweeg, beveg moet word.

“Vroeër was ons enigste werklike verweer teen witluise om in die winter die lote met handspuite te deurdrenk in die hoop om die oorwinterde witluise dood te maak. Seisoenale veranderinge kan veroorsaak dat witluise se bevolkings net voor oestyd kan ontplof,” vertel ’n boer van die Paarl.

Die gewilde, en binnekort verpligte groenboerdery-neiging beteken dat daar ook van outydse, harde, breëspektrum- chemiese middels wegbeweeg moet word wat saam met die witluise alle natuurlike insek-predatore van ander plae ook doodgespuit het. Selektiewe middels soos Isoclast Closer™ is vandag dus die uitweg om saam met geintegreerde plaagbestryding (IPM) te gebruik waar daar ook op biologiese beheer staatgemaak word om op ’n volhoubare wyse insekbeheer toe te pas.

Die produk het ’n unieke meganisme van werking, wat beteken dat dit effektief sal wees vir die beheer van insekte wat moontlik reeds weerstandbiedend is teen verskeie van die bestaande chemiese opsies.

Closer™ is ’n veilige bloubandproduk wat vinnig ’n nul-residuevlak bereik en in al die ontwikkelingswerk wat gedoen is, was daar nog geen fitotoksiese simptome waargeneem nie. Die produk is mengbaar met die meeste plaagdoders wat in wingerdspuitprogramme aangewend word.

Witluis-stadia is geneig om te oorvleuel en Closer™ het ’n beduidende mate van beheer op alle lewenstadia. Na toediening hou witluise binne ’n kort tyd op met voed: om hierdie rede is Closer™ ’n uitstekende beheeropsie om virus-oordraging te voorkom en kan Closer™ met volle vertroue in ’n rolblad-bekampingstrategie ingesluit word.

Die maatskappy is tans besig om proewe in boere se boorde te doen wat onder ernstige witluisbesetting gebuk gaan. Daarbenewens kry die boere die geleentheid om die gevoel van die middel te kry en dit prakties in hulle spuitprogramme te integreer.

Dow AgroSciences sê die groot uitdaging is om die tydperk waarin die grootste persentasie kruiperbeweging plaasvind te identifiseer om die doeltreffendste spuitskedule te bepaal. Dit gebeur normaalweg in ’n kort tydperk in September en Oktobermaand.

Die produk word met ’n normale boordspuitpomp toegedien en gaan toekomstig op verskeie gewasse geregistreer wees.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Vrystaat Landbou baie bekommerd oor droogte

Bewaringsbewerking:“Dit is die volhoubare opsie”