in

Dom Boer se lag vir die dag:

Uit Die Agterbankers

Een van die belangrikste boeke in Dom Boer se Boekboerdery is Die Agterbankers van Jean Charles, wat vernuftig na Menstaal vertaal is deur Rina Scheiflinger. Dit handel hoofsaaklik oor die kwytraaksels van skoolkinders. Hier is ‘n paar van die duisende juweeltjies in die boek:

Barometer: Apparaat waarmee die temperatuur van die weer gemeet word

Ekstensiewe veeteelt: Wanneer die koeie oorloop na die buurman toe

Ensiklopedie: Land van die Siklope

Erflikheidsleer: Dit verklaar waarom ons sonder nasate bly indien ons oupas en ons pa’s geen kinders gehad het nie

Gedig: Teks waarvan elke reël met ‘n hoofletter begin

Grondverdieping: Deel van die gebou wat onder die deel is wat daarop is

Kolonnade: Komplot deur kolonels gereël

Konsole: Die vrou van ‘n konsul

Martelaar: Hoop hout bo-op ‘n vuur met ‘n man daarop

Mulat: ‘n Persoon wie se ouers tot verskillende geslagte behoort

Pipet: ‘n Glasbuisie waarvan albei ente deur twee gaatjies afgesluit word

Strategie: Die kuns om so te skiet dat die vyand glo jy het nog koeëls

Vitamines: Klein diertjies wat langs slaaiblare opklim

Volt en voltmeter: Woorde afgelei van die naam van die uitvinder van elektrisiteit – Voltaire

Die versoeking is groot om Die Agterbankers volledig hier te weergee…

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Agri SA reageer op Minister Nkwinti se jongste grondplafonplanne

NAMPO-nuus: Van grond tot geld