O tog so voorbeeldig
Voortrekkertjie: “Wel, ek het sommer vroeg al my goeie daad vir die dag gedoen.”
Sy pa: “Mooi so. Wat was dit?”
Voortrekkertjie: “Ek het gesien hoe oom Heinie hardloop om die bus te probeer haal. Teen daardie pas sou hy nooit betyds gewees het nie en toe sit ek die Doberman op hom.”