Vra liewer nie
Terwyl Professor Vervelig ‘n droë lesing aanbied, merk hy dat al die studente onbeskaamd sit en slaap, behalwe een dametjie wat hom met groot, wakker oë en ‘n breë, vriendelike glimlag aankyk.
Na die lesing keer hy haar voor en sê: “Het u die lesing interessant gevind? Ek het gemerk dat u die hele tyd glimlag.”
Sy lig haar hande na haar slape, hou op glimlag en antwoord: “Ag Professor, dit is die enigste manier waarop ek kan keer dat hierdie nuwe bril afglip.”