in

Dom Boer se lag vir die dag:

Goeie wegspring

Die jong advokaatjie verdedig sy eerste saak. Hy beduie na sy tot barstens bultende dokumentetas op die tafel en sê: “Ek is deeglik voorbereid en ek is vasbeslote om ALLES wat ek in hierdie tas het te gebruik al verg dit ‘n leeftyd.”

Die regter sug. Hy het planne vir die naweek en hy het daarop gereken om die saak gou af te handel sodat hy kan huis toe gaan, maar nou lyk dit of daardie bultende tas se inhoud die hof die hele dag gaan besig hou.

Die advokaatjie het skaars begin om die eerste getuie te kruisondervra toe die regter sy kans sien: Hy bevind die advokaatjie se kliënt onskuldig, ontslaan hom, verdaag die hof en gaan huis toe.

Die aanklaer stap na die jong advokaatjie en sê: “Hierdie is tog nie so ‘n vreeslik ingewikkelde saak nie. Watse baie dokumente kan jy in daardie tas hê?”

Jong advokaatjie: “Dokumente? Watse dokumente? Nee, daar is geen dokumente in my tas nie: Op pad hof toe het ek by Ackermans verbygeloop en gesien hulle het ‘n uitverkoping. Toe koop ek vir my sewe pakke wintersnagklere en stop hulle in my tas. Nou is ek deeglik voorbereid vir die winter en ek gáán mos uiteindelik al hierdie slaappakke gebruik.”

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

nedbank

Nedbank Winterton maak ‘n in-die-winkel-tak oop

pajero

Splinternuwe Pajero Sport kom in September 2017