Dié keer onskuldig
Gawie is ‘n gesonde en lewendige Boerseun wat maar altyd met een of ander ondeundheid besig is.
Gisteraand karring hy iewers in die huis rond terwyl sy pa in die sitkamer sit en lees.
Ewe skielik gaan die huis aan die ruk en skud van ‘n aardbewing. Soos dit ‘n goeie pa betaam, is Gawie se pa heel eerste bekommerd oor sy seun. “Gawie!” roep hy kombuis se kant toe.
Gawie skree terug: “Dit is nie ek nie, Pa. Regtig!”