in

Dom Boer se lag vir die dag:

Lekker plek

Oupa woon lekker op sy plasie met sy diertjies en sy tuintjie, maar sy kinders is bekommerd oor hy so alleen woon. Hulle vat hom om ‘n aftreeoord te besoek en gaan geesdriftig tekere oor hoe lekker dit daar kan wees: “Kyk net die lekker koeltebome en grasperke, kyk net hoe gerieflik is die huisies en kamers, kyk net die pragtige ontspanningsaal, kyk net hoe lekker kuier al die oumense saam…”

Oupa kyk, maar sê niks.

Toe hulle wegry vra hulle vir Oupa of hy nie ook dink dit is ‘n wonderlik aangename plek nie.

“Ja,” antwoord Oupa. “Dit is regtig ‘n baie gawe plek en ek kan sien julle hou sommer baie daarvan. As julle hiernatoe trek, sal ek regtig probeer om gereeld vir julle te kom kuier.”

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Mature Gouda

Woolworths se Mature Gouda steel die kollig

Zimmatic

Wen weiveld met Zimmatic